Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ekstra klasse resep vir skool se sukses

Die ekstra klasse op Saterdae en namiddae en die winter- en lenteskole van die Hoërskool Elsiesrivier die afgelope jaar, was nie tevergeefs nie.

Die matrieks van 2017 se slaagsyfer was 81,2% en die vyf topleerders is Kelsey Moolman, Amy Gertse, Lauren de Jongh, Nisaat Ismail en Courtney Brikkels.

“Ons skool word in ons gemeenskap gesien as ’n baken van hoop vir ons kinders. Hoewel die slaagsyfer afgeneem het in vergeleke met ander jare, het ons en sal ons as skool en onderwysers vanjaar weer probeer om net ons beste vir ons matriekleerders te bied,” het Andrew Rutgers, adjunk-hoof van die Hoërskool Elsiesrivier, by die bekendmaking van die uitslae gesê.

Volgens hom speel die sosio-ekonomiese probleme in die woongebied ’n groot rol in die opvoeding van die leerders. Die leerders kom hoofsaaklik uit woongebiede soos Salberau, Avonwood, Leonsdale en Elsiesrivier, en werkloosheid en bendegeweld is van die grootste probleme in die area.

“Die skool het sowat 1 650 leerders en almal in die area wil ’n leerder by die skool wees. Onderwysers probeer die beste vir die leerders gee en omdat ons weet dat daar nie altyd kos op die tafel by ons leerders se huise is nie, het ons verlede jaar met ’n sopkombuis uitsluitlik vir ons leerders begin,” het Rutgers gesê.

Die matrikulante het soggens ’n maaltyd gekry voordat skool begin het, want dit is algemeen bekend dat ’n honger leerder nie kan konsentreer of sy beste op skool kan lewer nie.

“Die matrieks en onderwysers het baie opgeoffer om Saterdae, smiddae en tydens die winter- en lenteskool hul tyd op te offer.

“Ek wil almal bedank wat betrokke was, want dit is net weer eens ’n bewys dat almal net die beste vir die skool wil hê,” het Rutgers gesê.

Hy het ook genoem dat Joshum Jacobs, wat tydens die matriekeksamen verlede jaar in 39ste Laan doodgeskiet is, al vier sy vakke geslaag het.

“Joshom sou sy matriek met vlieënde vaandels geslaag het en is op die dag doodgeskiet toe hy lewenswetenskappe, biologie soos dit voorheen bekend was, sou skryf.

“Ons het sy uitslae van die vier vakke aan sy bewoë ma, Anthea Morris, oorhandig en die oomblik was vir ons albei baie emosioneel,” het hy gesê.

Die matrieks kon nie bevestig waar hulle hul tersiêre loopbane gaan voortsit nie, omdat hulle eers op hul matriekuitslae moes wag.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.