Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Familie van hawelose reik uit

’n Oos-Kaapse man en sy skoonsuster probeer om ’n swerwende familielid, woonagtig in die Kaap, terug te bring huis toe.

Dit het gekom ná ’n koerantberig oor dié familielid onlangs in TygerBurger verskyn het.

Timothy Williams, ’n hawelose in Parow-Noord, slaap al vir jare op straat nadat hy vanaf Aberdeen na die Kaap verhuis het. Hy het tot onlangs nog by die De Grendel-treinstasie saam met ander haweloses geskuil teen die koue winternagte, maar is twee weke gelede deur ’n pensioentrekker gehelp – (“Pensioner offers shelter”, TygerBurger 31/7).

Timothy het gesê verkeerde vriende het destyds daartoe gelei dat hy op straat beland het.

Sy broer, Bennet Grootboom (70) van Kobusstraat in Lotusville, Aberdeen probeer nou om kontak te maak met hom en sy weldoener. Bennet, sowel as Timothy se vrou, Andriesa Grootboom (67), het verlede week uit dié Oos-Kaapse Karoodorp gesê dat daar al vir ’n geruime tyd na hom gesoek word.

“Ek het destyds moeite gedoen om hom in die hande te kry, maar kon nie daarin slaag nie,” sê Bennet.

Bennet het ook van sy vriende in Kaapstad gevra om te help soek na sy broer.

“Hy het vir so ’n jaar of wat kontak gehou, maar ons het later kontak verloor.”

Timothy het bevestig dat hy kontak met sy familie verloor het. Hy kan egter nie die rede hiervoor verskaf nie.

In ’n onderhoud het hy ook erken dat hy nog familie in Aberdeen het, maar dat daar niks in die dorp is vir hom om te doen nie. Dis ook die rede waarom hy nie teruggekeer het nie.

Volgens Bennet het Timothy en drie van sy broers jare gelede Kaap toe verhuis vir werkdoeleindes. Hy sê egter net een het teruggekeer na die Oos-Kaap. Twee ander is oorlede – onderskeidelik in Eersterivier en Malmesbury. Net Timothy woon nog in die Kaap, sê Bennet.

“Sy vrou woon nog in Aberdeen,” sê Bennet, ’n voormalige lid van die polisie en nou leraar in die Volle Evangelie-kerk.

Andriesa sê sy wil ook graag hê dat hy terugkeer.

Volgens haar het die egpaar 35 jaar gelede ’n uitval gehad. Timothy het destyds in die Kaap aangebly en Andriesa het na die Oos-Kaap teruggekeer.

“Daar is nog kans vir ons om mekaar te vergewe,” sê sy vrou.

. Sedert ’n berig oor Timothy in TygerBurger verskyn het, het lesers die koerant gekontak om ook hulp aan die pensioentrekker te bied. Volgens die senior inwoner van Parow-Noord, wat Timothy (67) skuiling en ’n bord kos aangebied het, is Timothy sedert die berig in ’n hospitaal opgeneem vir behandeling. Timothy het gekla oor erge pyn in sy rug en kon nie staan of loop nie, het die weldoener gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.