Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gaan saam op Spaanse ‘reis’

Liefhebbers van die fyner dinge in die lewe soos operamusiek, besonderse skilderye en interessante kos, kan Saterdag 27 Oktober gerus dagboek – dis wanneer Magdalenahuis se jaarlikse glansgeleentheid by D’Aria aangebied gaan word.

Gaste sal op ’n sensoriese reis geneem word na Spanje, die land van tapas, die tango en passievolle Zarzuela-arias.

Zanne Stapelberg-de Lange, ’n geliefde Suid-Afrikaanse operasanger, en die bekende maestro Elna van der Merwe sal gaste in vervoering laat met hul gunstelingitems uit bekende operas en musikale blyspele. Voeg daarby Zanne se interpretasie van die Spaanse Zarzuela-arias en tango’s en dit beloof om ’n aand sonder weerga te wees.

Een van die hoogtepunte die aand sal die optrede wees van die jong sanger Jade Petersen.

Kom luister hoe Zanne en Jade se musikale paadjies gekruis het en hoe musiek Jade se lewe verander het.

Die seremoniemeesters vir die aand is Brad Kirsten en Wanda Bam.

Elize Engelbrecht, Susan Ellis, Juanita Louw, Sandra Pelser, Paul van Rensburg, Nicola Stoffberg, Anneke Benade, Lynette Mulder, Johannes Esterhuizen en verskeie ander kunstenaars het kunswerke vir die geleentheid geskenk.

Daar sal nie ’n veiling wees nie, maar gaste sal die kunswerke die aand kan koop. Die opbrengs is ten bate van Magdalenahuis, wat al vir 117 jaar omsien na kwesbare swanger vroue en hul babas.

Die kos beloof om eg Spaans te wees. Gaste sal kan smul aan tapas en ’n verwelkomingsdrankie voordat ’n heerlike driegangmaaltyd bedien word. Sangria en wyn sal bedien word.

Magdalenahuis se jaarvergadering sal ook die aand gehou word.

Kaartjies kos R450 per persoon of R4 000 vir ’n tafel van tien.

Kontak Elsa by 071 151 3670 of stuur ’n e-pos aan elsa@magdalena.org.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.