Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gatvol Capetonians ontwrig verkeer

Verkeer is Maandagoggend vir ’n wyle ontwrig toe betogers by die treinoorgang by Buttskopweg in Blackheath buitebande aan die brand gesteek het.

Die betoging het deel gevorm van die drukgroep Gatvol Capetonians se oproep dat die stad verlam moet word.

Dié groep bekla onder meer die lot van agterplaasbewoners, gebrek aan werksgeleenthede vir bruinmense in die Wes-Kaap en wil ook hê JP Smit, burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, moet afgedank word.

In ’n verklaring sê die groep hulle het in Augustus 2019 betoog en sedertdien het dinge nie verbeter nie.

“Die afgelope jaar het dinge net vererger. Mense word steeds in hierdie tyd op straat uitgesit. Ons gaan aanhou om die stad te verlam tot daar aan ons eise gehoor gegee word,” lui die verklaring.

Dan Plato, Stad Kaapstad se burgemeester, sê dié groep se planne is niks anders as beplande misdadige optrede nie en het wetstoepassers en die polisie gevra om dit in die kiem te smoor.

Ao. November Filander, woordvoerder van die Mfuleni-polisie, sê die gemeenskappe wat deur hulle bedien word, was Maandag redelik vreedsaam.

“Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie,” sê Filander.

Vullisverwyderingsdienste van die Stad Kaapstad is ook Maandag opgeskort omdat die Stad, luidens ’n verklaring, bang was hul voertuie word aangeval.

Metrorail het ook treindienste na sekere bestemmings gestaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.