Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gebraaide snoek en patat by kerk beskikbaar

Lus vir lekker vars gebraaide snoek en patat met vars gebakte potbrood en konfyt, maar jy weet nie waar om dit te kry, of het nie tyd om dit self te berei nie?

Die goeie nuus is die NG kerk Bellville-Oos in De la Haye gee jou Saterdag 4 Julie die geleentheid om jou eie wegneemete te kry. Kaartjies kos R60 elk.

Die wegneemetes sal teen 13:00 gereed wees op die hoek van Park- en Constablestraat in De la Haye. Die snoekbraai word gehou om geld vir die kerk se projekte te in.

Betaal per EFT en toon jou bewys van betaling of bring die regte bedrag kontant. Bel Leon Durie voor Vrydag 26 Junie by 076 402 4472 om jou bestelling te plaas.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.