Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gebrek aan geld kan sy droom kelder

Om oorsee te studeer is nie vir almal beskore nie, maar Dean Maart van Kuilsrivier was gelukkig om gekies te word om in Manchester, Engeland te gaan studeer.

Hy moet egter sowat R450 000 insamel om sy droom te bewaarheid.

Dean, ’n oud-leerder van die Hoërskool De Kuilen, is gekies nadat hy in 2017 op ’n Tony Stoop-rugbytoer in Engeland en Skotland was en daar raakgesien is. “Ek het die studiebeurs verwerf, maar is ingelig dat die beurs nie my studies dek nie, net ’n gedeelte daarvan. Ek sal die R450 000 uit my eie sak moet betaal,” het hy gesê. Dié bedrag sluit sy klasgeld en huisvesting vir die jaar in.

Die probleem is dat hy net die studiebeurs ontvang as hy in Engeland is.

Tot op hede kon hy net R50 000 bybring en dis hopeloos te min. “Ek hoop daar is ’n borg wat my droom wil help moontlik maak, maar ek moet die geld hê voor die einde van September, indien nie vroeër nie. Dit is my droom om sportbestuur te gaan studeer – ’n kursus wat vyf jaar duur. Daarna wil ek dit wat ek daar geleer het, in Kuilsrivier kom terugploeg,” het hy gesê.

Dean is tans lid van die Kuilsrivier-rugbyklub, maar het by die Laerskool De Kuilen ook aan swem, hokkie en atletiek deelgeneem. Indien hy die kans kry om in Manchester te gaan studeer, wil hy nie net sy kennis in die gemeenskap terugploeg nie, maar ook help om toekomstige sportsterre te ontwikkel.

Indien hy nie ’n borg kry nie, sal sy droom iets van die verlede wees.

Belangstellendes kan sy ma, Berenice, by 021 410 1172 of 082 533 2641 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.