Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Geliefde raadslid sterf

Die gemeenskap van Blackheath en omgewing is in rou gedompel ná die skielike afsterwe van die plaaslike raadslid.

Roelof Mare is Sondag in die oggendure oorlede nadat hy nog Saterdag gehelp het om kospakkies in die gemeenskap uit te deel.

Volgens Cheryl Solomons du Toit, ’n inwoner van Blackheath, het sy sedert die aanvang van die nasionale inperking nóú met Mare saamgewerk.

“Hy was ’n gemeenskapsmens deur en deur. Vir hom was niks te veel moeite nie. Mense wat hom geken het, sal weet hy het mense met respek behandel. In hierdie tyd was hy op en af, en het gehelp met die verspreiding van kospakkies aan die mense wat dit die nodigste het. Hy en sy vrou, Karien, is die sout van die aarde. Ons het nog Saterdag saamgewerk en ek kon sien hy was baie moeg. Aan die einde van die dag het hy aan my gesê dat hy Sondag net gaan rus en heeldag in sy slaapklere gaan deurbring. Dit was vir my ’n groot skok toe ek Sondag uitvind hy het gesterf,” sê Solomons du Toit.

Volgens Solomons du Toit sal hulle ter nagedagtenis aan Mare voortgaan met hul projekte om kos aan minderbevoorregte mense uit te deel.

Op Facebook skryf Shanon-Lee Carelse dat Mare veral tydens die koronakrisis baie vir die gemeenskap gedoen het.

“Ek het met hom gepraat oor hoe hy rondgery, kospakkies opgetel en uitgedeel het. Jy het jou bes gedoen en nou moet jy rus,” skryf Carelse.

Brandon Mienies skryf ook hoe Mare uit sy pad gegaan het om behoeftiges tydens die inperking te help. Verskeie ander mense het hul hartseer oor Mare se afsterwe uitgespreek en sommige het hom as ’n sagmoedige reus beskryf.

Dirk Smit, speaker van die Stad Kaapstad, sê hulle het met groot hartseer verneem van die heengaan van Mare.

“Mare was sedert 2016 ’n toegewyde raadslid van die Stad en ons wil ons innige meegevoel aan sy familie en geliefdes tydens hierdie tyd betuig,” sê Smit.

Mare het aan ’n hartaanval beswyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.