Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap help bende kapers vang

Gemeenskapsbetrokkenheid het daartoe gelei dat talle misdadigers verlede week in Brackenfell aangekeer is.

Op Saterdagoggend 16 Januarie is ’n vyf-man-bende van vermeende kapers en gewapende rowers met die hulp van op-en-wakker privaat sekerheidspersoneel deur die polisie in hegtenis geneem.

Volgens kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het sekerheidsbeamptes van Bolt Risk Management ’n polisievoertuig op patrollie in Frans Conradierylaan gestop.

“Hulle het die polisie ingelig oor ’n verdagte voertuig, ’n goudkleurige Toyota Etios, nie ver agter hulle nie. Die polisiemanne het dadelik omgedraai en die voertuig op die hoek van Frans Conradie-rylaan en Okavangoweg onderskep.

“Die voertuig het ooreengestem met ’n voertuig wat op 15 Januarie 2021 in Kraaifontein gekaap is,” sê Traut.

Die voertuig is deursoek toe ’n ronde ammunisie, ’n gaspistool en verskeie selfone gevind is.

Daar is ook vasgestel dat die mans vroeër die oggend ’n drawwer van haar selfoon beroof het.

Dié 42-jarige vrou het in Blackberrystraat in Sonkring gedraf toe die mans haar beroof het.

Die vyf mans tussen 22 en 30 jaar is in hegtenis geneem en in die Brackenfell-polisieselle aangehou.

Hulle het op Maandag 18 Januarie in die Blue Downs-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte.

In ’n onverwante voorval op dieselfde dag is nog twee verdagtes van 26 en 28 jaar van Scottsville, Kraaifontein Saterdag deur lede van Brackenfell se polisie in hegtenis geneem weens huisbraak op ’n sakeperseel in Tarentaalstraat en diefstal uit ’n motorvoertuig in Vibenstraat.

“Die ondersoek het gelei tot die deursoeking van die huis van die verdagte en die gesteelde goedere in albei misdade is teruggevind.”

Die twee mans sal Maandag in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.

In nog twee gevalle verlede week is ’n 37-jarige man van Kaapstad op 11 Januarie in hegtenis geneem vir bedrog nadat hy ’n selfoonkontrak probeer aangaan het met ’n identiteitsdokument wat nie aan hom behoort nie.

Die winkelassistent by die selfoonwinkel in die Brackenfell-sentrum, het onraad vermoed en die plaaslike polisie dadelik in kennis gestel.

Die man is deur die Brackenfell-polisie aangehou tot en met sy hofverskyning op 14 Januarie.

Daar is ook ’n uitstaande lasbrief vir inhegtenisneming op ’n aanklag van winkeldiefstal in Johannesburg op sy rekord gevind.

Op Woensdag 13 Januarie is ’n 43-jarige man van Kraaifontein in hegtenis geneem weens inbraak en diefstal toe hy ’n skootrekenaar by ’n gas in ’n gastehuis in Proteahoogte gesteel het.

’n Gas het die man om 10:10 by die gastehuis sien uitstap en ’n paar minute later besef sy skootrekenaar is weg.

“Hy en nog ’n vriend het toe die area begin deursoek en die man in Kruispad gewaar en self aangekeer.

Sy skootrekenaar was in die man se rugsak,” sê kapt. Erica Crous, polisiewoordvoerder.

Die man het op Vrydag 15 Januarie in die Kuilsrivier-landdroshof verskyn.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.