Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap nog geskok ná baba se dood

’n Inwoner wat naby die agt maande oue Levi Isaacs woon, het aan TygerBurger gesê sy het nooit die baba buite die huis sien speel nie.

“Hy was altyd in die huis. In die aande het hy ook omtrént gehuil. So, ek dink hy is al ’n paar keer aangerand voor sy dood,” sê die inwoner, wat anoniem wil bly. “Ek is nog steeds geskok. Ek kan dit nie glo nie.”

Die babaseuntjie se ouers, Catherine Ludick (31) en Ricardo Isaacs (32), staan tereg op ’n aanklag van moord nadat die kind verlede week in die Rooikruis-kinderhospitaal breindood verklaar is.

Hulle het op Maandag 16 November in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

Na verneem word, het die mishandeling van die seuntjie oor ’n lang tyd gestrek.

Die baba is op Donderdag 12 November na die Rooikruis-kinderhospitaal vervoer vir mediese behandeling.

Ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die Bishop Lavis-polisie, verduidelik: “Op Vrydag 13 November is die polisie deur die hospitaal in kennis gestel die baba is aan ’n lewensondersteuningsmasjien gekoppel en is reeds breindood verklaar. Die masjien moes afgeskakel word.”

Swartbooi sê die saak is tot 22 Januarie 2021 uitgestel vir ’n formele aansoek om borgtog.

Die twee verdagtes word intussen aangehou.

Angus McKenzie, raadslid, het die huis besoek waar die baba en sy ouers gewoon het.

“Dit is hartbrekend dat ’n weerlose kind in ’n siek samelewing sulke pyn en trauma moes verduur,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.