Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gemeenskap rou oor oudhoof

Die skoolgemeenskap van die Laerskool Gene Louw sukkel nog om die dood van hul oudhoof André van der Westhuizen aan Covid-19 verlede Maandagoggend te verwerk, sê Rista Bezuidenhout, waarnemende skoolhoof.

Van der Westhuizen (62) het op Kersdag gehoor dat hy positief vir die virus getoets is. Hy is in die hospitaal opgeneem en was sowat sewe dae in die hoësorgeenheid van die Mediclinic Panorama.

Hy is op 4 Januarie aan ’n respirator gekoppel, maar het verlede Maandag omstreeks 06:07 die stryd verloor.

“I did it my way,” was die lied wat Van der Westhuizen vir die skool gesing het by sy afskeidsgeleentheid in Desember 2019 toe hy afgetree het.

Volgens Bezuidenhout het Van der Westhuizen altyd vir haar gesê hy gaan in sy huis aanbly en lekker rondkuier met sy karavaan totdat hy gereed voel om na ’n ouetehuis te verhuis.

Bezuidenhout het gesê die skool gaan môre (Donderdag 21 Januarie) die geleentheid skep vir mense om blomme by die skool ter ere van Van der Westhuizen te plaas. Blomme kan van 09:00 voor ’n banier by die hoofhek van die skool geplaas word.

“Hy was ’n baie betrokke skoolhoof, wat dit baie geniet het om saam met die sport- of koortoere te gaan. Hy het ’n groot liefde vir sang gehad en het gereeld sulke vertonings bygewoon. Hy was baie lief vir sing en het gereeld ’n item saam met die personeel of alleen by elke personeelkonsert gelewer,” sê sy.

Sy jongste seun, Walter (30), was verlede week steeds weens Covid-19 in die hospitaal.

Volgens Die Burger het sy oudste seun, Renier (32), gesê sy pa se dood was onverwags.

“Dit het nog Sondag gelyk of dit beter gaan met hom en die hospitaal het gesê daar is ’n verbetering. Maar hy het ’n hoë koors ontwikkel en dit kom voor of die antibiotika nie gewerk het nie. Hulle het my omstreeks 05:00 gebel en gesê die situasie het verander,” sê Renier volgens Die Burger.

Hy het gesê dit is onbekend waar sy pa die virus opgedoen het.

Die seuns se ma is oorlede toe Renier sowat ses jaar oud was. Van der Westhuizen word deur sy lewensmaat, René Rabe, sy seuns, Walter en Renier, en sy skoonma, Cobie van Loon, oorleef.

Van der Westhuizen was 23 jaar verbonde aan die Laerskool Gene Louw – eers as adjunkhoof en daarna as skoolhoof.

“Gedurende hierdie tyd was die skool altyd sy grootste prioriteit en het hy alles met groot passie aangepak,” sê Bezuidenhout.

“Sy vriendelikheid, toegewydheid, entoesiasme en passie vir alles waarmee hy omgegaan het, sal ons nog lank bybly. Hy laat voorwaar ’n groot leemte in die lewe van baie mense,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.