Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gevaarlik om rylopers op te tel

Die Kraaifontein-polisie het motorbestuurders gewaarsku om nie rylopers op te tel nie.

Die waarskuwing volg ná ’n voorval verlede week toe die bestuurder van ’n Ford Fiësta ’n rygeleentheid vir ’n man in Scottsville gegee het.

Die ryloper het glo gedurende die rit ’n vuurwapen uitgepluk en wou die insittendes beroof. Toe hulle teëstribbel, het hy ’n vuurwapen uitgepluk en die bestuurder in die kop geskiet.

Desirée Rorke, TygerBurger se Brackenfell-verslaggewer, berig dat die slagoffer beheer oor die voertuig verloor het en deur ’n muur in Maraisstraat in Brackenfell gejaag het, waar die motor tot stilstand gekom het.

Die bestuurder is op die toneel dood en die ander insittendes is vir beserings behandel voor hulle na die hospitaal geneem is. Die skieter het te voet van die toneel gevlug.

Volgens kapt. Erica Crous, polisiewoordvoerder, is ’n 25-jarige man die dag ná die voorval in Scottsville in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het.

Kapt. Hein Hendricks, polisiewoordvoerder van Kraaifontein-polisie, sê motoriste moet nie onbekende rylopers optel nie.

“Omdat die persoon onbekend aan jou is en jy nie weet hoekom hy ’n rygeleentheid soek nie, is dit raadsaam om eerder nie stil te hou nie. As daar enige kriminele plan is, is ’n motor ook baie klein en kan dit baie gevaarlik raak,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.