Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gewapende roof by Food Lover’s

Food Lover’s Market in die De Kuilen-sentrum in die Kuilsrivier-middedorp is Sondag 28 Februarie omstreeks 08:10 deur agt rowers van ’n onbekende bedrag geld beroof.

Sers. Liesel Beukes, woordvoerder van die Kuilsrivier-polisie, sê die plaaslike misdaadvoorkomingseenheid was op patrollie toe hulle ingelig is oor ’n voertuig, ’n Toyota Conquest, wat in die parkeerterrein van die sentrum gekaap is.

Beukes sê die polisiebeamptes wat op die kaping gereageer het, is deur ’n gewapende verdagte in die parkeerterrein gekonfronteer. Die man het op die polisie geskiet, wat teruggeskiet het. Die 33-jarige man is in die regterbeen gewond en in hegtenis geneem.

Daarna is verneem dat die winkel reeds vroeër deur gewapende rowers van ’n onbekende bedrag geld beroof is. Beukes, wat self na kamera-opnames gekyk het, sê daar was agt rowers in die winkel.

Sy het gerugte dat mense as gyselaars aangehou is, ontken en sê van die rowers het in ’n wit Mercedes-Benz met ’n onbekende registrasienommer van die toneel gevlug. Die gekaapte Toyota Conquest is later in Mfuleni gevind. Minstens sewe verdagtes is nog op vrye voet.

Die winkel was die res van die dag gesluit terwyl die polisie die toneel ondersoek het.

Volgens ’n verklaring op die winkel se Facebookblad is geen klante of personeellede in die rooftog beseer nie. Die polisie is bedank vir hul vinnige optrede. Bystand sou aan getraumatiseerde personeel gebied word, luidens die verklaring. Die omstandighede rondom die roof word ondersoek.

Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, sers. Marlon Parring, by 083 660 6400 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.