Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Gewilde programme by kerk

Die Vredelust-gemeente bied weer binnekort hul gewilde lewensveranderende programme aan.

Met die Travel Lite-program leer ’n mens om te vergewe, om bewus te word en ontslae te raak van woede en om van ontkenning na waarheid, vryheid en hoop te beweeg.

Die Divorce Care-program is vir geskeides. Spesifieke onderwerpe word deurgewerk wat raak aan die skeidingsproses en gepaardgaande emosies. Die dood van ’n geliefde kan jou hele lewe omver gooi en jou hanteringsvaardighede lam lê. Kom deel jou ervaring en skep weer hoop saam met ander nes jy in die Grief & Loss-program.

Die ER4KIDS-program is vir kinders tussen die ouderdom van vier en 12. Dit help hulle om emosionele trauma te verwerk wat met skeiding en verlies gepaardgaan. Alledaagse probleme soos stres, sosiale media en boelies word aangepak. Kundige fasiliteerders begelei die kinders na geestesweerbaarheid. Elke kursus vind in groepsverband plaas. Opgeleide fasiliteerders begelei kursusgangers in die proses van ongeveer 16 weke. Die program word Dinsdagaande van 19:00 tot 21:00 aangebied. ’n Inligtingsaand word Dinsdag 31 Julie om 19:00 by die Vredelust-gemeente se aktiwiteitsentrum aangebied waar mense ook vir die programme sal kan inskryf. Die kerk is in 13de Laan, Boston. Die volwasse programme kos R250 (wat alle verversings en kursusmateriaal insluit) en ER4Kids kos R100 (sluit alle verversings en kursusmateriaal in). Kontak Diedre Mans by 021 949 0096 x 215 (antwoordmasjien) of e-pos na diedre@churchadventure.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.