Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haweloses treur oor held

Tientalle mense het verlede week die gedenkdiens vir die gemeenskapswerker Jacques Pietersen (55) in die Presbiteriaanse kerk in Bellville bygewoon.

Jacques het hoofsaaklik met haweloses gewerk en was die afgelope paar jaar betrokke by onder meer Mes, die organisasie wat met haweloses werk, die Voortrekkerkorridor-verbeteringsdistrik (VRCID) en die Tygerberg Association for Street People (Tasp).

Hy was meer onlangs aan die stuur van Mes se Grow-program, wat daarop gemik is om haweloses werk te gee.

Hierdie werkers word dikwels in die VRCID en Boston CID se gebiede gewaar, waar hulle help om skoon te maak.

Diegene wat deur Jacques se lewe geraak is, het voor die erediens ’n erewag vir hom gehou deur plakkate vas te hou met woorde wat hulle aan Jacques laat dink.

Tydens die diens het die meeste mense verskuif na Mes se Safe Space-skuiling waar die diens regstreeks uitgesaai is.

Dit is ook in Mes se kantore in Port Elizabeth en Johannesburg vertoon.

“Ons is stukkend,” het ’n emosionele Ilse Maartens vertel.

“Hy was absoluut die hart van ons organisasie.”

Maartens, hoof van Mes in Kaapstad, sê Jacques het verlede Saterdag in Symphony-weg verongeluk.

Hy was in Uitsig woonagtig.

Jacques het altyd sy medemens gehelp, selfs wanneer dit vir ander te veel gevra was.

Sy vertel hoe daar eendag ’n siek hawelose vrou was wat dringend by die hospitaal moes kom.

Sy was oortrek met luise en het dae lank in haar eie ontlasting gelê.

Toe die ambulans nie by haar kon uitkom nie, het Jacques haar op sy rug getel en gedra tot by ’n VRCID-motor waarin sy vervoer is.

“Hy moes nog heeldag in daardie klere loop,” vertel Maartens.

By die gedenkdiens het verskeie mense vertel hoe hy hulle geïnspireer het – die Grow-werkers het vertel hoe hy hulle gehelp het om aan te hou werk of om hulp te soek as die lewe hulle hard tref en hulle weer op straat is. Ander, soos Wilma Piek, wat aan die stuur is van maatskaplike ontwikkeling by die VRCID, het gesê dit was ’n eer om hom te ken.

“Dankie vir alles wat jy vir ons en al ons haweloses gedoen het. Ons sal jou nooit vergeet nie.”

Leonie van der Merwe, wat ook vir die VRCID werk, het gesê hulle wonder nog “elke sekonde hoe ons sonder hom gaan klaarkom”.

Jacques word oorleef deur sy vrou, Rosline, ma, Louise, en vyf kinders: Kayla (21), Cleo (19), Britney (14), Briana (7) en Zane (3).

Kayla studeer tans onderwys en Cleo het ingeskryf vir regte. Maartens sê Jacques het gelewe vir sy familie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.