Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Honderde bedsokkies hou voete warm

’nWelwillendheidsbesoek aan Huis Miles Bowker in Stikland om toebroodjies uit te deel, het daartoe gelei dat 115 bedsokkies nou voete en 80 mussies nou koppe warm hou.

Inwoners van Huis Magnolia in Bellville het einde Mei Stikland besoek.

“Ek was geraak deur die inwoners in Stikland en het op pad terug na Magnolia besluit om iets vir my medemens te doen. Ek het toe besluit om bedsokkies te brei,” het Alda Geldenhuys, die inwoner wat die behoefte raakgesien het, gesê.

Die brei van die bedsokkies en mussies was ’n eenmalige projek, hoewel hulle ook by die kleuterskool in Delft betrokke is.

“Ek het die nuus dat ek bedsokkies brei in Magnolia versprei en van die lede het aangebied om te brei of het wol geskenk.

“Die wolskenkers was Beatrix Kriel, Agnes Botha, Alet Smit en Irene du Toit, terwyl ek, Betsie Visser, Elize Bosman, Babsie Eksteen en Ena Burger gebrei het. Jacoba Agenbag het ook gehelp, hoewel sy nie in die tehuis woon nie,” het Geldenhuys gesê.

Tertia Louw, organiseerder by Huis Magnolia sê op spesiale dae soos Mandeladag bak die inwoners pannekoek en word dit persoonlik aan die kinders by die kleuterskool oorhandig.

“Magnolia is een van die G6-tehuise wat onder die ACVV val. Die ACVV lewer dienste aan kinders, gesinne en ouer persone in die Wes-, Oos- en Noord-Kaap.”

Huis Magnolia vier op 1 Oktober sy 57ste verjaardag en daar is tans 104 inwoners. Die tehuis is ’n dienssentrum met wooneenhede wat ouer persone versorg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.