Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou vir Flaffie op ’n leiband
dogs

Honde-eienaars in Monte Vista word gemaan om liefs hul troeteldiere op ’n leiband te hou wanneer hulle openbare parke besoek.

Die Camoenspark, gegrens deur Camoens- en Diaz-rylaan, Barrowstraat en Monte Vista-boulevard is een van die parke waar honde sonder leibande glo dikwels opgemerk word.

Verskeie opgraderings is onlangs by die park aangebring, insluitende ’n wandelpad vir drawwers en fietsryers, splinternuwe LED-ligte en ’n pas geteerde parkeerterrein.

Die opknappings is juis om meer besoekers na die park te lok, sê wyksraadslid, Cheryl Visser vroeër in ’n onderhoud aan TygerBurger.

Sy het onlangs in ’n brief besoekers hier versoek om die wet te gehoorsaam en hul diere ten alle tye op ’n leibande te hou.

“Ek ontvang gereeld klagtes dat mense hul honde los laat rondhardloop in parke in wyk 1,” sê Visser.

Sy sê Camoenspark lok deesdae meer en meer mense weens die wandelpad.

“Hul kom met hul kinders en klein honde, maar klim soms nie eers uit hul motors uit nie, wanneer hulle al die honde in die park sien los rondhardloop.

“Die mense vrees dat ’n hond hul kind, of klein hondjie of groter hond sal aanval en byt.

“Ek het persoonlik onlangs gesien hoe ’n vrou op die wandelpad hardloop met haar hond vasgemaak met ’n leiband. ’n Groter hond het agter aan haar en haar hond gehardloop. Vir die meeste mense is dit nie iets ernstigs nie, maar almal voel nie dieselfde nie,” sê Visser.

Sy sê baie besoekers aan die park vrees honde en wil verstaanbaar hulself, hul kinders en honde beskerm teen honde wat hulle nie ken nie en boonop los rondhardloop.

“Daar gaan nou opgetree word, maar ek voel dat dit goed sou wees om mense eers te waarsku om nie langer hul honde los te laat hardloop in enige park nie.

“Die munisipale wet is duidelik dat honde op ’n leiband moet bly en tekens by parke toon dit ook duidelik aan.”

Visser sê wetstoepassingsbeamptes gaan meer gereeld parke besoek en optree, deur boetes uit te reik aan mense wat nie hul honde op ’n leiband hou nie.

Daar is ook verlede week ’n waarskuwing op die Monte Vista-gemeenskap se Facebook-blad gedeel sodat mense nie kan ontken dat hulle gewaarsku is nie..

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.