Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hy’s ’n meneer onder die honde-glitterati!

As jy een van die mees vernaamste hondjies in Kaapstad is, verdien jy immers niks minder as ’n rooitapyt-affêre vir jou eerste verjaardagpartytjie nie.

Só het Mr Miyagee, ’n diens- en terapiehond en ’n sosiale mediaster van Bellville, saam met al sy maats – mens en dier – op Donderdag fees gevier.

Die Damhuis-restaurant in Melkbosstrand was ’n warboel van aktiwiteite soos Miyagee en al sy BBP-dierevriende gepamperlang is deur die troeteldierterapeut Lorren Barham. Daarna is die viervoetige beroemdes bederf met Italiaanse honderoomys en liplekker disse van ’n spesiale hondespyskaart wat deesdae daar te kry is.

Callie, die golden retriever uit Kaapstad se suidelike voorstede, is ook ’n sosiale mediaster en spog met 18 800 Instagram-aanhangers. Mr Miyagee, ’n chihuahua, het in April vanjaar bekendheid verwerf onder diereliefhebbers toe hy die nuwe ambassadeur geword het van die Dare2Care-veldtog om kinders te leer hoe om na hul troeteldiere om te sien. Die veldtog is van stapel gestuur deur Miyagee se eienaar, Lindie Pieterse van Bellville, wat saam met hom kleuter- en laerskole oor die land heen besoek het om liefde vir diere te kweek.

“Ons wil kinders van kleins af inspireer om onvoorwaardelik lief te hê – ’n les wat honde die beste oordra. Troeteldiere is ons beste vriende, wat sorg vir hope liefde, geluk en gelag in ons lewens. Troeteldiere leer ons om die klein dingetjies in die lewe te geniet en hulle verdien net die beste sorg,” sê Pieterse, ’n trotse hondemamma. Die veldtog leer kinders oor troeteldierwelstand, gesonde voeding, veiligheid van diere en hoe om om te sien na troeteldiere met spesiale behoeftes. “Diere kan nie praat om vir jou te sê wanneer hulle ongelukkig is en selfs mishandel word nie, en daarom moet hulle met baie deernis behandel word,” sê Pieterse.

“Dis ons doel om ’n nuwe generasie van verantwoordelike troeteldiereienaars te kweek.” Die paar het vanjaar 50 skole besoek. Benewens die veldtog is Miyagee ook ’n geregistreerde diens- en opgeleide terapiehond. As terapiehond besoek hy veral hospitale en ouetehuise.

“Hy is so liefdevol met almal met wie hy in kontak kom. Hy het ’n spesiale gawe om hoop te bring,” sê sy.

Hy is veral baie gewild by ’n Durbanville-aftreeoord se siekesorgeenheid waar hy gereeld besoek aflê by pasiënte met dementia en Alzheimers. “Hy is baie lief vir mense en sal langs ’n siek pasiënt vir ’n rukkie sit en net sy koppie in hulle skoot laat rus”.

Pieterse beoog om die veldtog volgende jaar uit te brei met ’n internasionale toer na Nederland. In sy nuutste rol as sosiale mediaster gedy die klein wonderhond voor die kameras. As hondemodel is hy die “gesig” van vele handelsmerke in die groeiende hondeprodukbedryf en hy het selfs sy eie amptelike “hondefotograaf”. Sy ster skitter helder met meer as 10 000 Faceboek-aanhangers en sowat 300 000 bladbesoeke per maand, en die getal groei elke dag. Met hierdie prestasie is hy as een van die 10 mees invloedrykste troeteldiere in Suid-Afrika aangewys. “Hy mag dalk baie klein wees, maar sy storie sal eendag baie groot wees,” sê sy trotse ma. Met sy verjaarsdagpartyjie het Dare2Care ook 500 kg se Hills-hondekos aan die Cape Daschund Rescue-sentrum in Joostenbergvlakte geskenk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.