Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Is dit jou trourok?

’n spierwit trourok wat met duursame kant afgewerk is het in ’n geel papiersak op ’n leë erf in Burgerstraat in Proteahoogte in die wind gelê en wapper toe dit ’n plaaslike inwoner se aandag getrek het.

“Ek staan gewoonlik in die kombuis en kyk oor my grensmuur na al die manewales wat soms op die leë erf aangaan. ’n Stukkie van die wit rok het uit die sak gewaai en ek het gedink, wat op aarde is dit?,” vertel die vrou wat eerder nie haar naam genoem wil hê nie.

Toe sy die sak oopmaak het sy op die trourok afgekom. “Ek kon dadelik sien dat daar nog aan die rok gewerk word. Wie ook al die rok gemaak het was nog besig om afwerkings agter te maak en ook om ’n strook kant aan die soom vas te werk. Dit was vuil van die stof en ek het dit versigtig gewas en opgehang met die hoop dat die eienaar dit sal opeis,” vertel sy.

Volgens haar is dit nie vreemd dat gesteelde goedere op die veld gelos word en dan later weer gehaal word nie.

“Ek het juis laas week gesien hoe sakke gesteelde kabels daar weggesteek word en later weer gehaal is. Die grond word ook deur haweloses bemors en polisie jaag gereeld misdadigers deur die veld. Dit het al deel geword van ons daaglikse lewe hier.”

Die inwoner sê sy hoop die regmatige eienaar van die rok sal die artikel raaksien.

“’n Voornemende bruid wonder dalk wat het van haar rok geword of dalk is die rok verstel vir ’n nuwe bruid. Wie weet? Dit kan selfs ’n familie-erfstuk wees.”

As die rok aan jou behoor of bekend lyk kontak desiree.rorke@tygerburger.co.za met ’n volle beskrywing.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.