Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong digters kan nou inskryf

Jong digters van graad 3 tot 7 kan nou inskryf vir die ATKV se Durbanville-tak se 20ste Afrikaanse gedigtekompetisie vir laerskole.

Die leerders het tot 10 September die geleentheid om hul pennevrug in te skryf. Die tema vanjaar is heel gepas “Water – elke druppel tel”.

Dié kompetisie het verlede jaar 182 inskrywings uit 12 laerskole gelok. Dit kos R15 per gedig om in te skryf en ’n leerder mag ’n maksimum van drie gedigte inskryf. Groot kontant- en boekpryse is op die spel.

Die skool met die meeste inskrywings ontvang ’n wisseltrofee. Elke deelnemende leerder ontvang ook ’n sertifikaat.

Die prysuitdeling word gehou op Woensdag 18 Oktober vanaf 19:00 by die Laerskool Kenridge.

Hierdie funksie is vir alle wenners, deelnemers, familie en vriende, asook skoolverteenwoordigers.

Die ATKV-sertifikate van deelname word ook by dié geleentheid uitgedeel.

Kontak Ronél Fourie by 021 442 8532 (w) or per e-pos na ronel.fourie2@sita.co.za.met navrae.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.