Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kar in japtrap gestroop

Ses mans is weens motordiefstal in Wellingtonstraat, Kraaifontein, in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om ’n motor van sy onderdele te stroop.

Volgens kapt. Hein Hendricks, woordvoerder van die Kraaifontein-polisie, sê die polisie het op ’n wenk gereageer en het die diewe op heterdaad betrap. “Die ses verdagtes, tussen die ouderdomme van 19 en 28, was besig toe die polisie opdaag. By nadere ondersoek is gevind die motor is op 24 Januarie in die Strand as gesteel aangemeld. Alle verdagtes gaan in die Blue Downshof verskyn,” sê hy. Hendricks sê die polisie kon nie tekens vind dat die huis waar die motor, ’n Mazda, gevind is, ’n motorslaghuis (chop shop) is nie.

“Dit wil nie voorkom of daar ander motors op die werf uitmekaar gehaal is nie. Ons sien dit dus as ’n geïsoleerde voorval. Indien daar persone is wat meer kennis het oor die voorval, moet hulle die polisie in kennis stel. Die diewe is so goed in wat hulle doen dat hulle die motor binne slegs 24 uur gestroop het dat net die raamwerk oorgebly het. Ons is egter verheug dat die diewe gevang is en ons hoop dit stuur ’n duidelike boodskap dat ouens nie elders kan motors steel en dit in Kraaifontein kom opbreek nie. Ons gaan jou in jou spore stuit,” sê Hendricks.

Brig. Gerda van Niekerk, stasiebevelvoerder, sê sy is trots op wat die beamptes vermag het. “Ons beamptes werk hard om dié soort misdaad hok te slaan en hierdie is ’n bewys daarvan. Wanneer die gemeenskap en die polisie saamwerk, kan ons hierdie soort ding geheel en al uitroei.

“Die gemeenskap moet die polisie in hul vertroue neem en waar hulle vermoed misdaad word gepleeg, moet hulle ons dadelik in kennis stel,” sê Van Niekerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.