Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kassie Kasselman is terug

Kapt. Kassie Kasselman is met mening terug in Rudie van Rensburg se nuwe spanningsroman Merk, wat pas verskyn het.

Van Rensburg sê Kassie het geglo sy speurderdae is getel ná die Medusa-pedofielsaak en sy hartaanval. Maar ses maande tuis bring perspektief en hy besef hy is eintlik ’n speurder in murg en been.

Terug by die Spesiale Spookeenheid word hy en sy kollega Rooi Els dadelik by die diepkant ingegooi. Hulle moet ’n reeksverkragter vastrek – een wat sy slagoffers met ’n brandyster merk.

Dan kry die saak ’n nog ernstiger kinkel wanneer een van die slagoffers grusaam vermoor word.

Van daar af gaan dit doller as kop-af. Is die verkragter die man wat beskryf word as een met die “sperm van ’n wildehond”? Of lê die antwoord by die 399-merk op elke slagoffer se lyf?

Om sake te vererger word Kassie en Rooi se ondersoek gerem deur ’n beterweterige kriminele profileerder, en sake word verder gekompliseer deur ’n sensasiekoerant sonder ’n morele kompas.

Kassie word erg beproef, en intussen voel geen vrou in die noordelike voorstede van Kaapstad veilig nie.

Van Rensburg, ’n inwoner van Welgemoed, sê die ongekende vlaag van geweld teen vroue van die afgelope klompie jare in die land, het hom aangespoor om die boek te skryf. “Suid-Afrika het een van die hoogste verkragtingsyfers in die wêreld. Toe ek twee jaar gelede navorsing vir die boek gedoen het, is geskat dat daar elke 17 sekondes ’n vrou verkrag word. Ek wou hierdie aaklige misdaad opnuut belig.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.