Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kat word toe amper uilkos

Katryntjie die kat se laataand boomklimmery en haar eienaars se opgewondenheid oor uile se gehoe-hoe in die buurt het byna een van haar katlewens gekos.

Haar eienaar, Annelien Els, vertel dit was verlede Woensdagaand reeds sterk skemer, net na 20:00, toe hulle uile by die huis langs hul huis in die Napa Valley-kompleks in Grysbokstraat in Aurora hoor roep het.

“Ons het lanklaas, seker meer as 18 maande laas, uile in ons buurt hoor roep en is almal buitentoe om die uile te gaan bewonder.

“Dit was ’n volwasse uil met ’n kuiken. Die uil kom sit toe op ons dak.

“Katryntjie het teen die kaal stam van ’n boom in ons tuin opgeklouter en was seker 1,8 meter bokant die grond toe die uil skielik op haar afgeswiep kom – met sy koue uitgestrek om haar te vang,” sê Els. Dit was vermoedelik ’n gevlekte ooruil.

“Katryntjie het afgespring en onder bosse gaan wegkruip. Sy is maar agt maande oud en klein van postuur; sy sou maklik uilkos kon raak.”

Volgens ’n artikel op die webblad www.catological.com is dit algemeen dat uile katte vang en doen hulle dit hoofsaaklik omdat hulle die kat as ’n prooi beskou en wil eet.

Mense word aangeraai om veral jong katte vanaf skemer binnenshuis te hou om te voorkom dat hul kat uilkos raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.