Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerklui wys jeug daar is keuses

Kerklui en gemeenskapsleiers in Bellville het op Sondag 1 September ’n optog in Bellville-Suid gehou om die jeug in te lig dat daar beter keuses is as om dwelms te gebruik.

Die optog is in samewerking met die Break Loose Anti-drug Gospel-organisasie, verskeie gemeenskapsleiers en inwoners van Bellville-Suid gehou.

“Met die optog wou ons die jeug leer dat hul lewens belangriker is as dwelms. Ons, die kerklui, wou aan hulle wys dat as hulle nie nou die regte besluite gaan neem nie, dan gaan Satan hulle insluk,” het die evangelis Timoteus Donson gesê.

Volgens hom het oud-gevangenes ook aan die optog deelgeneem sodat hulle met die jeug kon gesels.

“Die oud-gevangenes het hulle oor die gevare van bendes en bendebedrywighede ingelig.

“Hulle het ook toesprake gehou oor waardeur hulle in die lewe moes gaan voordat hulle besef het hoeveel jare hulle gemis het weens bendes. Die toesprake van die oud-gevangenes het baie van die gemeenskap geroer,” het hy gesê.

In die memorandum is aan brig. Hendrik Jansen van die Blue Downs-polisiegroeping is probleme soos vrouemishandeling, dobbel op die hoek van strate, die rook van die oka-pyp, verkragting van onskuldige vroue en kinders, dwelms en dwelmmisbruik uitgelig.

Verteenwoordigers van die Belville-Suid gemeenskapspolisiëringsforum het ook ’n beroep op die gemeenskap gedoen om aan te sluit by die verskillende buurtwagte in Bellville-Suid.

Donson het ook genoem dat kerklui die kerkdiens op Sondag 8 September bygewoon het om te bid vir vrede in Greenlands, Bellville-Suid. Rig navrae aan Donson by 074 579 2948.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.