Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
K’fontein-kinders kamp uit

Mens hoef nie ver van die huis af te gaan om uit jou omstandighede te ontsnap nie.

Dit is die les wat Grant Twigg, raadslid in Kraaifontein, vir 51 graad 7-leerders wou leer toe hy hulle verlede week op ’n kamp geneem het.

“Ons het hulle na die kampeerterrein in Kuilsrivier geneem waar verskeie aktiwiteite aangebied is.

“Ons het veral gefokus op dissipline, kommunikasie en samehorigheid. Soms moet jy kinders uit hul omstandighede haal om hulle dinge te leer, om te wys daar is ’n wêreld buite hul gemaksone,” sê Twigg.

Volgens hom het die kinders huis toe gegaan met ’n gevoel dat hulle ook belangrik is, al was dit net vir drie dae wat hulle weg was en al was dit net om die draai.

“ Ons hoop om in die toekoms meer sulke projekte aan te pak en meer kinders blootstelling te gee aan ’n wêreld buite Kraaifontein. Om dit kan doen het ons vennote nodig en daarom nooi ek almal uit wat graag ’n bydrae wil lewer om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak om ons te nader,” sê Twigg.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor die Stad Kaapstad se afdeling van sport en ontspanning. .

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.