Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kind uiteindelik begrawe

Die kind wat verlede maand vermoedelik vermoor is en in ’n drein naby sy ouma se huis in Eersterivier gevind is, is uiteindelik die afgelope naweek begrawe.

Orderick Lucas (2) het op 24 Maart vermis geraak, maar hy is eers vier dae later as vermis aangemeld.

Sy ma het hom glo in die sorg van ’n vriend, Melvin Volkwyn, gelaat, maar dié het by verskeie geleenthede verskillende stories vertel oor wat van die kind geword het.

Verskillende mense het op verskillende tye gedink die kind is by die ander. Sy lyk is deur kinders, wat in ’n straat gespeel het, in ’n drein gevind.

Die kinders het ’n bal in die drein in geskop, waarna hulle die skokontdekking gemaak het.

Volkwyn is kort daarna in hegtenis geneem, aanvanklik weens ontvoering en dwarsboming van die gereg, maar ’n klag van moord is ook later bygevoeg.

Volkwyn sou gister in die Blue Downs-hof verskyn om aansoek te doen tot borgtog.

By ’n vorige verskyning het hy gekla dat hy nie meer met ander verdagtes aangehou wil word nie omdat hy glo verkrag word en gedwing word om seksuele gunsies vir ander gevangenes te doen.

In dié stadium is dit nog nie bekend hoe Orderick gesterf het nie, al is ’n lykskouing reeds op 3 April gehou.

Orderick is Saterdag tydens die diens by die Teen Challenge-sentrum in Kleinvlei in Eersterivier gegroet.

’n Inwoner van Wittebol-straat, waar Orderick se lyk gevind is, sê die gemeenskap wil net hê die hofsaak moet klaarmaak sodat hulle kan weet of Volkwyn die moord gepleeg het of nie.

“Ons kan nie rus nie, want ons weet nie of hier nog ’n moordenaar in ons midde is nie.

“Niemand is rustig nie, want wanneer kan die volgende kind vermoor word?

“Dit sal ons siele rus gee as die moordenaar verhoor en skuldig bevind word,” sê die inwoner.

Hy wil anoniem bly “want wie sê nie hy (die moordenaar) lees koerant nie”.

Met TygerBurger se besoek was die gewoonlik bedrywige strate waar kinders vrylik rondspeel baie stil.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.