Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kraaifontein-voortrekkers leer by polisie

Die Kraaifontein-voortrekkers het op onlangs ’n lesing aangebied waar laerskoolleerders toegerus is om met kennis en vaardigheid in onbekende- en risikosituasies korrek en met selfvertroue op te tree.

Volgens Letitia Groenewald, woordvoerder vir die Voortrekkers, het die kinders onder meer geleer hoe om ’n boodskap van ongeveer 20 woorde korrek oor te dra, ’n snywond en skaafwond te behandel. “Hulle het ook geleer hoe om ’n muurprop veilig te hanteer, hul huisadres en ouers se telefoonnommers te ken. Hulle is bewus gemaak van die gevare om persoonlike besonderhede aan enige vreemdeling te gee,” sê Groenewald.

Sers. JP Groenewald van die Kraaifontein-polisie het aan hulle kom vertel hoe om ’n polisieman uit te ken, asook hoe om op te tree as iets verkeerd voel.

“Hulle is mooi geleer van 10111 en 10177. Hulle vingerafdrukke was ook deel van die praktiese deel om te sien hoe dit geneem word, asook vir rekordhouding vir hulle ouers, sou dit dalk in die toekoms benodig word,” sê Groenewald.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.