Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuilies ‘rave’ oor Klaasen

Raven Klaasen (37), Suid-Afrika se beste dubbelspel-tennisspeler, het op Maandag 3 Februarie by sy alma mater, die Hoërskool De Kuilen, besoek afgelê.

Dié oud-Kuilie het 2019 afgesluit in die agste plek op die ATP-wêreldranglys vir dubbelspel.

Raven geniet dit om van sy aftyd in die Kaap deur te bring. Sy ouers, Japie en Yvonne, woon nog steeds in Kuilsrivier en Raven sê hulle is die grootste inspirasie in sy lewe.

De Kuilen oorhandig jaarliks Potentia-toekennings aan oud-leerders wat presteer.

Klaasen kon nie verlede Augustus die toekenningsaand bywoon nie, aangesien hy toe aan die Amerikaanse Ope deelgeneem het.

Klaasen het die leerders toegespreek nadat hy die toekenning van Herman Mellet, skoolhoof, ontvang het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.