Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kuns om ’n gesonde gesin uit te beeld

Die inwoners van die groter Tygerberg sal die kans kry om te sien hoe kinders ’n gesonde gesin of gemeenskap – vry van dwelms en dwelmverslaafdes – sien.

Die Stad Kaapstad, Tygerfest en die Ramot-behandelingsentrum vir dwelmafhanklikheid span vir die eerste keer saam om kinders die geleentheid te gee om in ’n tekenkompetisie ’n gesonde gesin en gemeenskap met hul prentjies uit te beeld.

“Ons hou op Sondag 28 Julie vanaf 10:00 ’n dag vol kuns en kreatiwiteit by die Bellville-burgersentrum in Voortrekkerweg, bekend as ’n Kleurvolle Wintersdag.

“Die kinders se prente sal ten toon gestel word, maar die publiek kry ook die kans om plaaslike entrepreneurs te ondersteun,” het Jana Hattingh van Ramot gesê.

Die mikro-ondernemingsmarkdag sal van 10:00 tot 15:00 gehou word en almal kan na hartelus kom koop.

“Ons nooi kinders uit om te kom teken of verf. Ek is seker almal sal verras wees deur wat op papier uitgebeeld gaan word. Ons het van 24 tot 28 Junie die Dwelmbewustheidsweek van die Suid-Afrikaanse Nasionale Alkohol en Dwelmrehabilitasie en Voorkoming gevier. Die kompetisie was deel van die inisiatief om kuns teen verslawing uit te beeld,” het sy gesê.

Ramot en die Tygerfest wil mense opnuut bewus maak van hoe afhanklikheid van middels ’n familielid of ’n hele gesin kan beïnvloed en laat ly.

“Navorsing toon dat dit ’n ‘familiesiekte’ is wat almal se lewens stroop van die mooi en goeie.”

Een van Ramot se doelwitte is om die kleur terug te bring vir pasiënte en hul geliefdes. “Mense wat hieronder ly, moet dus sommer vroliker voel as hulle die kunswerke sien,” het sy gesê .

Ramot se behandelingsprogram fokus op kuns as terapie, want dit help op talle maniere.

Die Amerikaanse kunsterapie-vereniging beskryf dit as volg: “Kunsterapie word gebruik om kognitiewe en senso-motoriese funksies te verbeter, selfbeeld te bevorder en selfbewustheid te ontwikkel, emosionele veerkragtigheid te kweek, insig te vergroot, sosiale vaardighede te verbeter, konflikte te verminder of selfs op te los, en maatskaplike en ekologiese verandering te bevorder.”

Rig navrae aan Jana Hattingh by info@ramot.org.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.