Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerder by Brackenfell skool toets positief vir Covid-19
koronavirus, toetse

’n Matriekleerder by die Hoërskool Brackenfell het na bewering positief getoets vir Covid-19.

‘n Betroubare bron by die skool het bevestig die seun se ouers het die skool vandag (4 Junie) daarvan verwittig, maar dat die skool nog nie die toetsuitslae ontvang het nie.

“Die leerder het op Maandag skool toe gekom maar geen simptome getoon nie,” sê die bron. 

Leerders word elke oggend geskandeer vir simptome voor hulle die perseel betree, en hul koors word geneem.

Volgens die bron het die leerder die volgende dag begin siek voel en nie Woensdag skool toe gegaan nie. 

“Sy ouers het hom self gevat vir ’n toets en die skool in kennis gestel van die positiewe uitslag,” sê die bron.

Die leerder herstel tans tuis, in isolasie, waarna hy sal terugkeer skool toe.

Volgens die bron moet leerders wat in direkte kontak (liggaamlike aanraking) met die seun was, in terme van die provinsiale protokol,  vir 14 dae tuis bly tydens die virus se inkubasietydperk.

“Indien die leerders geen simptome toon nie, kan hulle terugkeer skool toe. Die leerders wat indirekte kontak met die seun gehad het, soos om langs hom te sit in dieselfde klas, kan voortgaan met klasbywoning.” 

Die skool sal vandag (4 Junie) ten volle gereinig word vir klasse om Maandag voort te gaan.  

Die skool het verlede week by navraag gesê daar word streng by die provinsiale onderwysdepartement se protokol gehou.

“Buiten skandering elke oggend, word elke kind se hande sowat 11 keer per dag met ’n sanitasiemiddel gereinig. Die matriekgroep is in twee verdeel, en elke groep kom elke tweede dag skool toe. Daar is net 20 skoolbanke per klas en dit staan minstens 1,5 m uitmekaar,” het ‘n woordvoerder van die skool gesê.

By navraag het Kerry Mauchline, woordvoerder van provinsiale onderwys minister Debbie Schäfer, skriftelik bevestig dat die department nié die name van skole met bevestigde Covid-19 gevalle bekend gaan maak nie, maar wel sal ondersoek instel om te verseker dat die betrokke skool die Covid-19-protokol nakom. 

“Alhoewel ons begryp dat die publiek geregtig is om op hoogte te wees van die ontwikkelinge in die provinsie, moet ons ook verseker dat inligting wat gegee word nie die vertroulikheid van ons personeel of leerders in die gedrang bring nie, en dat individuele skole nie gestigmatiseer word nie. Ons personeel is onder genoeg spanning sonder dat hul individuele skole in die media genoem word, wat ook sal lei tot verdere navrae en ekstra druk,” het Schäfer in ‘n mediaverklaring gesê.

“Ouers en personeel by 'n skool het die reg om te weet oor enige positiewe gevalle by die skool en daar word dus van skole verwag om personeel en ouers op hoogte te hou van die verwikkelinge met betrekking tot Covid-19 en die stappe wat gedoen is om hul veiligheid te verseker. Let egter daarop dat dié gevalle nie noodwendig by die skool opgedoen is nie, en dat die skool in gevaar is nie.” 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.