Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerders blink uit in Tygerberg-eisteddfod

Die Hoërskool Brackenfell se drama-leerders het vanjaar puik presteer in die Tygerberg-eisteddfod.

Die skool het nie minder nie as 12 kategoriewenners opgelewer.

In die drama-kategorie is die skool se graad 10-groep aangewys as die projek-kategoriewenner met 95%.

Die graad 10-leerders, wat individueel presteer het, is Deandra Lategan (wenner van voordrag vir meisies met 94%); Ehan Smit (wenner van voordrag vir seuns met 93%) en Dean Lange (wenner van gedramatiseerde prosa vir seuns met 90%).

Die graad 11-leerders wat uitgeblink het in die individuele kategorieë is Melandri Taljaard (wenner van voordrag vir meisies met 90%); Christiaan Koorts (wenner van voordrag vir seuns met 91%); Sino Mbekeni (wenner van gedramatiseerde prosa vir meisies); Ashley Smith (wenner van monoloog vir meisies met 96%); en Connor Naldrett (wenner van monoloog vir seuns met 99%).

Die talentvolle Connor het ook die gesogte trofee ontvang vir uitmuntende prestasie in drama.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.