Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lisensie-hernuwing vinnig vir ‘gryses’

Ek het opgemerk dat daar ’n brief verskyn het waarin ’n pensioenaris kla hulle moes in wind en weer toustaan vir voertuiglisensie-hernuwings (“Lisensies: staan moet jy staan”, TygerBurger, 2 September).

Daar is wel kantore met spesiale rye vir ons gryses! Ons weet egter net nie daarvan nie.

Ek woon in Bellville-Oos, naby Brackenfell. Ek was op 7 September om 07:30 met ’n kampstoeltjie voor die Brackenfell-munisipaliteit om my voertuiglisensie te laat hernu.

Daar was so 60 plus mense voor my in die ry en ek het my reggemaak om so sit-sit aan te skuif.

Vyf minute voor oopmaaktyd het ’n dame vorms uitgegee vir persoonlike besonderhede, wat ons by die deur sou inhandig. Sy het my vriendelik ingelig dat daar ’n spesiale ry is vir my (ek is 70) en dat ek kon skuif. Daar gekom was daar slegs 10 mense voor my.

As ek vooraf ingelig was, sou ek voor in die ry gewees het. Die enigste aanduiding is ’n A4-papier op die glasdeure wat lees: “Elderly queue here”.

Ook wil ek die Brackenfell-munisipaliteit komplimenteer.

Hulle pas die Covid-19-reëls 100% toe. Min mense en toonbanke word skoongemaak sodra ’n persoon klaar is voor die volgende gewys word om nader te kom. Ek is flink gehelp en was om 08:45 reeds tuis.

Baie dankie vir ’n uitstekende gemeenskapskoerant.

Christa Daffue Bellville
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.