Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyk met veelvuldige skietwonde gevind

Die Mfuleni-polisie soek inligting rakende ’n moord wat waarskynlik verlede Vrydag plaasgevind het.

Volgens sers. Nozuko Matoybeni, polisiewoordvoerder, is die liggaam van ’n onbekende man verlede Vrydag om middernag tussen die bosse naby Greenpark gevind.

“Die oorledene het verskeie skietwonde in sy maag en bors gehad en was geklee in ’n bruin baadjie en blou denimbroek,” sê Matoybeni.

By nadere ondersoek is gevind dat die man glo vroeër die dag deur twee mans in Delft aangerand is, waarna hy in ’n onbekende wit voertuig gelaai is, wat met hom weggejaag het.

Matoybeni sê ’n ooggetuie wat glo gesien het hoe die man vermoor is, kon nie die maak van die verdagtes se voertuig onthou nie.

“Ons wil ’n beroep doen op die publiek om ons met hierdie ondersoek te help,” sê Motaybeni.

TygerBurger het ’n navraag aan die polisie in Delft gerig, maar teen druktyd geen kommentaar ontvang nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.