Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma opsoek na vermiste seun

’n Ma van Bonny Brae naby Kraaifontein het slapelose nagte ná haar jongste seun verdwyn het. Hy het glo iemand gaan ontmoet wat vir hom wou werk aanbied.

Sarah Jacobs (65), sê haar jongste seun, Egon Stols (29) het Dinsdag 23 April verdwyn.

Volgens Jacobs het hy werk by sy neef, wat naby hulle bly, gaan soek. “Toe ek 01:00 die oggend wakker skrik, was hy nog nie by die huis nie. Woensdagaand toe staan sy kos van die vorige aand nog in die yskas,” sê sy.

Jacobs sê sy het Donderdag 25 April ’n saak by Kraaifontein-polisiekantoor se vermiste-afdeling geopen en die polisie het Vrydag laat weet dat ’n persoon by die Soutrivier-lykshuis lê, maar dit was toe nie hy nie.

“Hy was nie eers met gangsters deurmekaar nie,” sê sy.

Volgens haar het hulle ook tussen die bosse in Bonny Brae na hom gaan soek.

Op die aand van sy se verdwyning, het hy ’n groen kerkbroek, ’n swart-en-wit baadjie en vaal tekkies met ’n pienk ’n rand aangehad. Enige persoon met inligting, kan Sarah by 073 471 3492 bel. TygerBurger het by die polisie navraag gedoen, maar hulle het gesê hulle dra geen kennis van die vermiste persoon nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.