Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man R5 000 kwyt

In die jongste skelmstreek is ’n jong man van Durbanville uit R5 000 bedrieg toe ’n EFT-betaling aan hom gekanselleer is.

Dit was ná hy reeds die Playstation 4 Console, wat hy op Gumtree te koop adverteer het, oorhandig het.

Volgens die man (18), wat verlede jaar aan die Hoërskool Fairmont gematrikuleer het, het hy die item op Gumtree adverteer, omdat sy gesin die geld kritiek benodig.

“Ons is besig om na Engeland te trek en met beide my ouers tans werkloos, het ons die geld baie nodig gehad,” het hy aan TygerBurger gesê.

Sy pa het reeds gister na Engeland vertrek, terwyl hy, sy suster, ma en ouma oor twee maande vertrek.

Volgens die man het hy verlede Woensdag omstreeks 15:30 navraag oor die Playstation 4 Console gehad en het die “koper” ’n EFT-betaling gedoen.

“Die man het aan my gesê hy is by die werk, maar sal iemand stuur om dit te kon afhaal.”

Hy het ’n kennisgewing van Absa, die “koper” se bank, ontvang dat die geld in sy rekening oorbetaal is.

Kort daarna het ’n Über-bestuurder by hul huis gestop en die item afgehaal.

Die betaling is egter intussen omgekeer.

“Ek het aanvaar die geld was wel in my rekening. Ek het die man vertrou; hy het nog gesê hy koop dit as ’n geskenk vir sy kleiner boetie. Ek was nogal opgewonde vir sy onthalwe,” het hy gesê.

’n Bedrogklagte word deur die Durbanville-polisie ondersoek, het kapt. Marchel Rhode, woordvoerder van die Durbanville-polisie, gesê.

“Niemand is nog in verband met die saak in hegtenis geneem nie,” het Rhode gesê. Volgens hom kom bedrog met EFT-betalings sporadies voor.

Toe TygerBurger navraag as ’n kliënt gedoen het by Absa se bedrogafdeling, het ’n konsultant gesê dat dit slegs moontlik is om ’n EFT-betaling om te keer as dit ’n onmiddellike betaling aan ’n nuwe begunstigde is. Daar is glo ’n tydperk van 90 minute om die betaling om te keer, of dat dit outomaties omkeer as daar onvoldoende fondse is. Toe TygerBurger self probeer het om só ’n transaksie te doen en dan om te keer, was dit nie moontlik nie.

TygerBurger het Absa se media-afdeling in Johannesburg probeer kontak vir amptelike kommentaar, maar daar was nie antwoord by die afdeling nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.