Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man tronk toe oor diefstal

’n Man is 500 jaar tronkstraf opgelê nadat hy toerusting van selfoontorings gesteel het.

David Jenkins (30) van Park-lands het verlede Donderdag in die Bellville-streekhof sy lot aangehoor.

Luidens ’n verklaring deur die nasionale vervolgingsgesag is Jenkins vir sy 25 aanklagte van diefstal elk 20 jaar tronkstraf opgelê.

Die hof het egter sewe jaar van elke vonnis opgeskort en die vonnistydperke gaan samelopend uitgedien word. Hy moet dus effektief 13 jaar tronkstraf uitdien.

Hierdie ooreenkoms is bereik nadat Jenkins en sy regspan ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het.

Hierin het hy erken hy het tussen 11 Januarie 2011 en 9 Februarie 2018 rondgery en sowat R1,67 miljoen se MTN-toerusting uit selfoontorings gesteel. Hy het onder meer breëband-kraglynkaarte (BPL) en internetverbindingskabels gebuit.

Hy het toegeslaan in Dunoon, Table View, Bellville-Noord (naby die NG kerk Bellville-Noord), Bellville (naby Settlers High School), Parow, Mowbray, Durbanville, Duynefontein, Melkbosstrand, Kraaifontein, Eersterivier, Goodwood, Athlone, Delft, Elsiesrivier en Milnerton.

Hy het ook in dorpe buite Kaapstad toerusting gesteel – onder meer in Hawston, Hermanus, Strand, Lwandle, die Paarl en Paarl-Suid.

Ronelle Stone, die staatsaanklaer wat die ooreenkoms gefinaliseer het, sê hierdie soort misdaad het vir groot hoofbrekens gesorg omdat dit baie kompleks was om op te los.

“Daar is ’n skerp toename in hierdie soort misdaadsake in hierdie hof,” het sy bygevoeg.

Luidens die pleitooreenkoms het Jenkins die goedere gesteel om dit weer te verkoop.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.