Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man vas ná weldoener se moord
Johan van der Schenk (84), se lyk is Maandagmiddag

’n Man (22) sal Maandag in die hof verskyn vir die moord op ’n weldoener wat vroeër dié week in Tyger Waterfront vermoor is.

Die barmhartige samaritaan, Johan van der Schenk (84), se lyk is Maandagmiddag by sy woonstel in die Tyger Quays-woonstelkompleks aangetref.

Volgens kapt. Jonathan Blanckenberg, Bellville-polisiekantoor se woordvoerder, was Van der Schenk saam met sy aangenome dogter en die verdagte in die woonstel.

“Daar het ’n stryery in die woonstel ontstaan en die verdagte het die vrou aangerand totdat sy haar bewussyn verloor het,” vertel hy.

“Toe sy bykom het sy gesien Van der Schenk is dood.”

Hy het veelvuldige messteekwonde gehad en die verdagte was soek. Die dogter het die polisie ontbied.“Die ondersoekbeampte in die saak, o.a. Eldin Siegers, het die verdagte Donderdagaand in hegtenis geneem.


Van der Schenk, ’n Nederlandse immigrant, het wêreldwye opslae gemaak toe hy in 2001 vir die hawelose Faranaaz Abrahams van Manenberg ’n koffiewinkel in Kaapstad gekoop het.

Hy het haar destyds tydens 'n besoek aan Kaapstad ontmoet.

Hy het haar met 'n volgende besoek aan die Stad weer raakgeloop en besluit om vir haar 'n koffiewinkel te koop. 

Na wat verneem word het Van der Schenk dikwels hawelose mense onder sy vlerk geneem. Hy het glo vir die verdagte vir die duur van die inperking huisvesting gegee. 

Buiten Van der Schenk se aanneemdogter, het hy ook ’n ander dogter, Carola, Die hawelose sal Maandag in die Bellville-landdros verskyn op aanklagte van moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.