Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man vier 105de lewensjaar
Karel Mouries word op 24 Oktober 105 jaar oud.

Een van die oudste inwoners van Eersterivier word op 24 Oktober ’n volle 105 jaar oud.

Karel Mouries van Mahoney Street in Beverley Park is egter nog ver van koud af.

Mouries is in 1915 in die Fraserburg-distrik in die Karoo gebore. Sy hele lewe lank het hy op plase gewerk en het die meeste van sy lewe rondgereis agter werk aan.

Totdat hy in sy negentigs by sy suster in Eersterivier beland het.

“My vrou het eers na hom gekyk, maar toe sy sterf, is hy nou my verantwoordelikheid,” sê Hubert Kemp, sy swaer.

“Hy doen elke dag sy oefeninge en hou baie van stap. Hy is baie fiks.”

Volgens Kemp is daar geen probleme met Mouries se gesondheid nie.

“Hy onthou baie van jare gelede en vertel lekker stories van die verlede, maar sommige dae vergeet hy goed wat vandag gebeur het.

“Liggaamlik is hy baie sterk en het nie enige ernstige siektes nie. Ek dink omdat hy so hard gewerk het in sy jong dae, is hy baie sterk,” sê Kemp.

Mouries sê die grootste ding waaraan hy sy hele lewe vasklou, is die “Bybelse waarheid”.

“Eer jou moeder en vader en drink jou kruie elke dag.”

Mouries het al drie vroue en drie kinders oorleef. Nie eens die koronavirus kon hom onderkry nie, want drie maande gelede is hy positief getoets.

“Hy het dit oorleef en sien uit na die toekoms. Sommige dae is sy brein helderder as ander, maar hy is ’n wyse man.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.