Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man wat jig oorwin, hardloop nou 15 km

Die man wat onlangs vertel het hoe hy van jig (gout) genees is, het die afgelope naweek sy eerste 15 km-wedloop voltooi en sien nou uit na groter uitdagings.

TygerBurger het vroeër vanjaar berig (“Man (40) runs after 10 years”, 12 Junie) dat Craig Daniëls se lewe sedert sy 29ste verjaarsdag deur pyn oorheers is.

So erg was dit by tye dat hy by sy werk uitgedra moes word en dit het ook druk op sy persoonlike lewe geplaas. ’n Besoek aan die Eersterivier-daghospitaal het sy hele lewe verander, want daar het hy die behandeling gekry wat hom uiteindelik die vermoë gegee het om te kan hardloop.

Op Saterdag 6 Julie het hy vir ’n 10 km-wedloop in Eersterivier aangetree, maar toe hy daar kom het hy besef dié wedloop is net vir stappers.

“Ek besluit toe om vir die 15 km-wedloop in te skryf, want ek was daar om te hardloop. Uiteindelik het ek in minder as twee ure klaargemaak,” sê Daniels.

Volgens Daniels het die wedloop hom net meer positief gemaak en gaan hy nou aan langer wedlope deelneem. “Hierna gaan ek ’n wedloop oor 21 km aandurf en dan hard begin oefen sodat ek volgende jaar aan die Comrades-marathon kan deelneem. Terwyl ek navorsing oor my toestand gedoen het, het ek gevind dat oefening ’n kardinale deel van die herstel uitmaak. Al sê jou liggaam vir jou jy kan nie oefen nie, moet jy deurdruk en oefen,” sê Daniels. Oefening en gesond eet het nou vir hom ’n leefstyl geword en dit het ook ’n invloed op ander rondom hom.

“My vrou en my jongste suster gaan ook aan die volgende wedloop deelneem, maar beter nog, ek het my ma gekry om te begin hardloop. Dit is ’n leefstylverandering en ek wil almal wat met jig sukkel aanmoedig om te begin oefen en gesond te eet,” sê Daniels.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.