Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man wil bolle rol oor bolle

’n Bejaarde man van Bonnie Brae in Kraaifontein sê nie mens of dier kan in sy huis uithou nie ná ’n munisipale drein verlede Donderdag oorstroom het.

Die riool het in Gideon van Staden (72) se agterplaas ingeloop en hy moes net keer of sy hele huis is deur riool verswelg. “Die rioolwater het ongeveer 30 cm diep gelê en was vinnig op pad om by my huis in te stroom. Gelukkig het ek ’n ou dompelpomp waarmee ek die riool kon wegpomp. Ek het Donderdag heel nag gepomp en nie een keer ’n oog toegemaak nie,” sê Van Staden.

Om nog sout in Van Staden se wonde te vryf, het hy gesukkel om enige hulp van die Stad Kaapstad te kry. “Ek moes vir ure aaneen hul klagtelyn sonder sukses bel. Toe ek uiteindelik met iemand praat, het ek net ’n verwysingsnommer gekry. Meer as ’n uur later het niemand nog opgedaag nie en ek moes weer bel, net om weer soos die vorige keer ’n verwysingsnommer te kry. Hierna het ek ’n SMS gestuur en toe kry ek wraggies weer ’n verwysingsnommer.

“Vrydag om 10:00 daag daar toe mense van die Stad op, gooi iets in die agterplaas en net so vinnig soos hulle daar aangekom het, is hulle weg. Hulle het nie eens die ordentlikheid gehad om te groet toe hulle loop nie, want my agterplaas is steeds onder ontlasting. Die rede hoekom hulle glo nie gouer op my noodoproepe gereageer het nie, was omdat hulle nie die plek kon kry nie. Dit gaan my verstand te bowe dat hulle nie ’n kompleks kon kry wat al meer as twintig jaar bestaan nie,” sê Van Staden.

Van Staden wil hê iemand moet verantwoordelikheid neem vir wat gebeur het. “Ek het ’n afdak agter waaronder ek kuier en soms net sit en rustig verkeer. Al die meubels daar het begin verrot omdat dit heel naweek in die stinkende water gestaan het. Wie gaan daarvoor betaal? Waarheen ek ook al bel, kan niemand my help nie. Dit is uit desperaatheid dat ek nou na TygerBurger toe gekom het, want dit lyk nie of die Stad my wil tegemoet kom nie. Wat was die aanvanklike probleem? Wie sê dit sal nie weer gebeur nie? Wat as ek nie volgende keer daar is om te keer dat die riool in my huis inloop nie?” vra Van Staden.

Teen druktyd het TygerBurger nog nie van die Stad gehoor nie, maar gaan in opvolgberigte die Stad se kommentaar publiseer.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.