Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans in hof oor bedrog met huislenings

Gerrit Erasmus Burger (60) is verlede week deur die Valke aangekla vir bedrog en vervalsing nadat hy aansoek gedoen het vir ’n R25 miljoen huislening, met vervalste dokumentasie.

Burger is op 12 Desember 2018 in hegtenis geneem na dié mislukte poging.

In die ondersoek wat gevolg het, het die Valke se ernstige handelsmisdaadeenheid bevind dat Burger ook met dieselfde vervalste dokumentasie ’n R19 miljoen lening by ’n bank in die CapeGate-winkelsentrum op 30 Augustus 2018 gemaak het.

“Burger het op 14 Desember in die Kaapstad-landdroshof verskyn en is op R15 000 borgtog op 6 Maart vanjaar vrygelaat. Hy sal op 24 Julie weer in dieselfde hof verskyn vir aanklagtes op altwee die voorvalle,” sê kapt. Philani Nkwalase, ’n woordvoerder van die Valke.

Intussen het drie ander mans op soortgelyke aanklagtes in die Goodwood-landdroshof op Vrydag 21 Junie verskyn.

Devon Wolfaardt (24) is op 19 Junie by ’n bank in N1 Stad-sentrum in hegtenis geneem waar hy aansoek gedoen het vir ’n R200 000 lening met vervalste dokumentasie.

Twee van sy beweerde medepligtiges, Mandla Silwana (26) en Edwill Luzuko Kwatshana (31), is ook in die parkeerterrein van die sentrum in hegtenis geneem.

’n Totaal van 12 gekloonde bankkaarte met pinnommers is in Kwatshana se besit gevind. Die saak is herroep tot 27 Junie vir verdere inligting vir die borgaansoek,” sê Nkwalase.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.