Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Matrikulante in Bellville presteer

Die vreugdevure het die afgelope paar dae hoog gebrand nadat honderd duisende matrikulante hul uitslae gekry het.

Die nasionale matriekslaagsyfer vir 2019 is 81,3%, hoër as 2018 se slaagsyfer van 78,2%.

Dit is die hoogste slaagsyfer sedert 1994.

In Bellville het hoërskole ook verskeie prestasies gevier. Die Hoërskole D.F. Malan en Bellville het albei ’n 100%-slaagsyfer.

Hoërskool Stellenberg

Die Hoërskool Stellenberg het ’n 99,62%-slaagsyfer behaal. Altesaam 267 matrikulante het die eindeksamen geskryf, van wie 263 (90%) toegang tot verdere studie verkry het en 37 leerders met ’n A-gemiddelde geslaag het.

Die topleerders is Nicola Ammon (91,17%), Anita van Niekerk (90,83%), Gebriëlle Lazarus (89%), Nicholas Steyn (88,83%) en Nicholas Sander (88,5%).

The Settlers High School

Altesaam 220 matrikulante het die eindeksamen geslaag en daarmee vir die skool ’n 96%-slaagsyfer verseker. Altesaam 172 leerders (75,1%) het toegang tot ’n Baccalaureusgraad verkry.

Die topvyf leerders is Keenan Cupido (86%), Tinotenda Muserere (85,1%), Mikayla Sprout (84,3%), Ayyoob Kriel (84%) en Kyla Fortuin (83,7%).

Muserere het sewe onderskeidings behaal. Cupido en Kriel het albei ses onderskeidings behaal.

Hoërskool Bellville

Die Hoërskool Bellville het vir die sewende agtereenvolgende jaar ’n 100%-matriekslaagsyfer, die enigste skool in die noordelike voorstede wat dit nog kon regkry.

Die skool het 204 matrikulante gehad. Altesaam 100% van die klas het toelating tot tersiêre studie, van wie 192 studente met universiteitstoelating geslaag het.

’n Volle 75% van die klas se gemiddelde was meer as 67%.

Die toppresteerders is Amoré Olivier (sewe onderskeidings), Madelein Barnard (sewe onderskeidings) en Ané Kotzé (sewe onderskeidings).

Die skoolhoof, Deon du Plessis, het gesê hul nuwe akademiese projek, Planeet51+, het vrugte afgewerp.

“Planeet 51+ is twee jaar gelede begin om die werksetiek en ’n hoër gemiddelde slaagsyfer van die skool se leerders te bewerkstellig.”

Hoërskool D.F. Malan

Dié skool se 212 matrikulante het almal geslaag en weereens vir die skool ’n 100%-slaagsyfer verseker.

Die skool is ook die skool met die hoogste punt in die Metro Noord-distrik.

Altesaam 65 leerders het met ’n gemiddelde A-simbool geslaag (30,6% van die klas).

Altesame 92,92% van die klas kry toelating tot ’n Baccalaureus-graad. Die skool se aantal vakonderskeidings is 570.

Die vyf toppresteerders is Shani du Preez (92,71%), Petrus du Preez (91,57%), Julia Roelofse (91,43%), Jani Knoetze (91,14%) en Kara Theunissen (90,57%). Hul gemiddelde is bereken met LO ingesluit.

Een leerder, Julia Roelofse, het nege onderskeidings, terwyl ses leerders agt onderskeidings behaal het (Petrus du Preez, Knoetze, Zandria Spangenberg, Theunissen, Jaco Wagener en Janneke Groenewald).

Die skoolhoof, Sias Conradie, het die leerders geluk gewens en ook die personeel bedank vir hul insette.

“Jul ingesteldheid teenoor die leerders en hul opleiding is uit die boonste rakke. Ons eer julle.”

HTS Bellville

Hierdie skool het ’n 86,1%-slaagsyfer behaal, die tweede beste matriekuitslag in die Wes-Kaap. Altesaam 41 leerders het toegang tot ’n Baccalaureusgraad verkry.

Die skool het 27 onderskeidings gekry. Die toppresteerder, Alrick Erasmus, het agt daarvan behaal.

Die topvyf leerders is Alrick Erasmus (84,88%), Osorachukwu Anugwom (78%), Aldan Schippers (77,14%), Shaldon Jamin Maarman (72,43%) en Aldrin du Plessis (72,14%).

Bellville-Suid Hoërskool

Die skool se slaagsyfer is 74.8%. Teen druktyd het die skool nie gereageer op versoeke om meer inligting oor dié matriekgroep nie.

Komprehensiewe Hoërskool Kasselsvlei:

Altesaam 96 matrikulante het die eksamen geskryf en die uiteindelike slaagsyfer is 70,8%.

Ronald Bantam, skoolhoof, sê hul punte is hoër as verlede jaar, maar is steeds nie wat die doelwit was nie.

Bantam sê dit is veral die wiskunde wat vir die kinders ’n uitdaging is – iets wat “’n nasionale probleem is”.

“As die wiskundepunte net klein bietjie beter was, kon ons uitslae baie beter gewees het.”

Hy sê tegniese wiskunde is ’n nasionale uitdaging wat die departement dringend moet aandurf. “Die kinders slaag dit nie.”

Hy sê hulle gaan vanjaar kyk hoe om hul intervensieprogramme te herrangskik.

“Ons gaan ondersteun en help waar ons kan.”

Hulle gaan meer op wiskunde en wetenskap fokus en gaan meer toegang tot rekenaarhulpbronne gee.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.