Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Menswees kom eerste’

Ná 29 jaar in die polisie glo hy steeds jy moet eers ’n mens wees alvorens jy ’n polisiebeampte is.

Ao. Michael “Mikey” Daniëls het al alles in die polisie gesien en ervaar, maar dit is iets wat hy onlangs gedoen het wat hom na aan die hart lê. Hy en ’n kollega het al die pad na die grens van Eswatini (voorheen Swaziland) gery om ’n man, Denzil Daniëls, wat vir ses jaar vermis was te gaan haal. Denzil se bejaarde ma het nie die geld of vervoer gehad om hom te gaan haal nie. Mikey en Denzil het geen familie-verwantskap nie.

“Dit was net normaal dat ons hom moes gaan haal, want sy ma kon dit nie doen nie,” sê Mikey.

Toe Mikey 29 jaar gelede in die polisie begin het, was hy in die spoorwegpolisie, waarna hy ’n draai by die bende-eenheid gaan maak het. Al is hy oorspronklik van Matroosfontein werk hy die laaste 20 jaar werk in Delft.

“Ek is al deel van hierdie gemeenskap. Mense ken my en hulle weet dat ek hul belange op die hart dra. Misdaad is ’n groot probleem in Delft, maar uiteindelik moet mens nie vergeet dat hier gewone mense bly nie. Hulle het dieselfde drome en dieselfde vrese as wat enigiemand het. Dit is hoekom dit belangrik is dat ’n polisieman eerstens ’n mens moet wees, iemand wat omgee vir ander mense,” sê Mikey.

Toe hulle hoor Denzil is gevind en hulle die nuus aan sy ma oordra, was daar geen twyfel by hom en kollega, konst. Emile Faroa, dat hulle die tannie moet bystaan nie. “Ons het hulp gesoek en besluit ons ry sommer met my motor. Wat anders kan jy doen as daar ’n ouer is wat vir ses jaar geglo het haar seun is dood? Ek sal nooit die blye weersiens vergeet nie,” sê Mikey.

Emile sê die ervaring was lewensveranderend. “Ek sal die blydskap op ma en seun se gesigte nie vergeet solank ek lewe nie. Dit is só maklik vir iemand om weg te raak en in meeste gevalle word die persoon nooit weer lewend gesien nie. Hierdie is ’n wonderwerk,” sê Emile, wat in Delft woon.

Hy wou nie eintlik hê die storie moet so groot gaan nie. “Die tannie het regtig hulp nodig gehad en ons het net ons werk gedoen. Ek wil niks hieruit hê nie, maar is net bly die storie het ’n gelukkige einde,” sê hy.

Mikey sê die uitdaging is om uit te vind hoe Denzil in Eswatini beland het. “Hy is baie deurmekaar en kan nog nie ’n besliste antwoord gee oor hoe hy daar beland het nie. Ons hoop om agter die waarheid te kom,” sê Mikey.

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.