Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
'Met ontlasting gegooi'
Gloria Davids (32) (links) en Niklaas Steyn (32) b

Hulle wil niemand pla nie, maar is ook net mense, sê ’n groep hawelose mense wat oorkant ’n hotel in Kenridge bly.

Die drie, Gloria Davids (32), haar lewensmaat Niklaas Steyn (32) en Jonathan May (50), sê hulle word voortdurend geviktimiseer en is selfs onlangs met ontlasting gegooi.

Die groep sê daar is veral een ouer man met ’n wit bakkie wat probeer om hul lewens hel te maak. Dit is hy wat glo die ontlasting gegooi het, maar hy het ook al gedreig om hulle met petrol te gooi en aan die brand te steek. TygerBurger kon nie daarin slaag om die man op te spoor nie. 

Geordie Hogarth van die Kenridge Neighbourhood Initiative (KNI) sê dit was beslis nie iets wat deur hulle goedgekeur is nie.

Stephen Swartz, operasionele bestuurder van CNI security, sê ook hulle weet nie wie die man is nie.

“Daar is baie ouer mans met wit bakkies.”

Die groep se griewe het egter ’n kollig geplaas op die haweloses in die area en die buurt se frustrasie met hulle. Hogarth sê die irritasie in die buurt loop hoog, veral omdat die haweloses rommel strooi en die KNI self betaal om dit te laat skoonmaak.

Swartz sê die Stad moet dringend met ’n plan vorendag kom.

“My hart gaan uit aan daardie mense, maar my sekerheidsbrein sê iets anders.”

Albei sê daar is al telkemale aangebied om die spesifieke haweloses na ’n skuiling te neem, maar dat hulle weier.

Davids beaam dit. “Ons wil nie na Mes (’n skuiling) gaan nie. Dit is te vol en deurmekaar.” 

Sy sê hulle gebruik nie dwelms nie, “ons is drinkers.” Sy sal dan haar radio aansit en saamsing, maar sy sê dit pla niemand nie.

Hulle hou juis “inkommers” uit die buurt uit, wat dalk huise sal besteel. 

Die laaste keer wat iemand hulle geviktimiseer het, het hulle al haar kos, soos rys en lensies, op die grond gegooi. Hulle kry hoofsaaklik hul inkomste deur te “skarrel” (bedel). 

Steyn sê die staat moet vir hulle ’n huis gee, dan sal hulle skuif.

Ilse Maartens, takbestuurder van Mes in Kaapstad, wat die veilige hawe-skuiling insluit, sê mense se frustrasie rondom haweloses moet bestuur word.

Sy sou in die ideale wêreld met buurtwagte en belastingbetalersverenigings byeen wou kom om te praat oor wat hulle kan doen, voordat iemand oorgaan tot aksie soos om ontlasting te gooi. 

“Ons moet die staat, kerk en sakelui om een tafel kry.”

Sy sê die probleem word vererger deur die feit dat daar nie ’n veilige hawe vir haweloses in Durbanville is nie.

Sy sê mense besef dikwels nie as hulle van een groep haweloses ontslae gaan raak nie, gaan ’n ander groep weer in hul plek inkom nie.

Daar is ander maniere om haweloses se hulp in te span, sê sy. As hulle onskadelik, is kan hulle gebruik word om die park op te pas.

“Daar is kreatiewe maniere om hierdie ding op te los. Almal het ’n verantwoordelikheid en ’n rol wat hulle kan speel om die area ’n beter plek te maak.” 

Dit is egter verkeerd om die wet in jou eie hande te neem. 

“Dit sal nooit nooit, nooit aanvaarbaar wees om ander ouens so te behandel nie. As jy dink jy’s beter as daai ouens (en jy doen so iets) dan het jy eintlik bewys jy’s ’n treetjie terug. Geen mens is ’n waste of space nie.”

Die Stad het nie op navrae gereageer nie, maar JP Smith, burgemeesterkomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, het verlede week by ’n vergadering in Boston oor die Stad se probleme met haweloses gepraat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.