Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misdaad ‘sukses’-verhale

Die afgelope week is verskeie verdagtes met die hulp van ’n parate sekerheidsdiens aangekeer.

Volgens Bassett Alarms se Facebook-blad is die volgende sukses behaal:

. Op Saterdag omstreeks 14:50 het sekerheidsbeamptes ’n noodoproep ontvang om na ’n supermark in Blomtuin te gaan. Daar aangekom het die winkeleienaar ’n man uitgewys wat ’n kantoor aan die agterkant van die winkel wou binnedring. Bassett se sekerheidswag en die polisie het byna gelyktydig daar aangekom. Die polisie het die man vir ondervraging na die polisiekantoor geneem.

. Op Vrydag het beamptes ’n verdagte voertuig in Robert Sobukweweg opgemerk. Hulle het die polisie in kennis gestel, wat binne minute op die toneel was. Die voertuig se insittendes is vir ondervraging na die polisiekantoor geneem, waar dit aan die lig gekom het dat hulle vir verskeie misdade gesoek word.

. Op Woensdag omstreeks 17:50 is sekerheidsbeamptes ontbied na ’n huis in Raglanstraat waar ’n rooftog aan die gang was. Bassett, asook die Stad se verkeersdepartement, het die verdagtes aangekeer. Die polisie is ontbied. Geen gesteelde goedere is by die verdagte gekry nie en die slagoffer wou nie ’n saak aanhangig maak nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.