Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Musikale talent gedy by Hoërskool De Kuilen

Die Hoërskool De Kuilen se meisieskoor het na die eindronte van KykNET se koorkompetisie Sing in Harmonie deurgedring.

Sing in Harmonie is op Dinsdag 4 Junie by die Hugo Lambrechts-ouditorium gehou en die finale sal later vanjaar plaasvind.

’n Paar van die skool se leerders het ook goed gevaar by die Stellenbosch Eisteddfod.

Caitlin Fillies en Mbali Zangqa het albei cum laude behaal vir solo- en duetsang, Gabriella da Rocho het goud plus vir solosang ontvang en Gabriella Meyer, cum laude en goud plus vir solosang.

Savannah Eager is op Unisa se graad 2-ererol van uitblinkers geplaas vir haar graad 2 teorie-eksamen van 2018. Eager het 97% behaal. Sy skryf vanjaar Unisa graad 3-teorie..

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.