Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Neem nou eienaarskap’

Die gemeenskap van Kraaifontein moet eienaarskap van skole neem en seker maak wanneer die skole op 9 Januarie oopmaak, dit geskik is vir die skole om te begin.

Só sê brig. Gerda van Niekerk, bevelvoerder van die polisie in Kraaifontein. “Elke jaar vandaliseer boewe skole in die afwesigheid van personeel en leerders. Hulle weet vir langer as ’n maand is daar niemand by die skole nie. Elke jaar in Januarie, wanneer die skole hul deure open, word die polisie uitgeroep, want daar is by skole ingebreek en dit gevandaliseer. Dit ontwrig die skooljaar uit die staanspoor en veroorsaak duisende rande se skade,” sê Van Niekerk.

Van Niekerk doen ’n beroep op inwoners wat naby of rondom skole bly om op hul hoede te wees.

“Skole behoort aan elkeen in die gemeenskap, of jy nou ’n kind by die skool het of nie. As jy huis toe ry, ry dalk nog een keer om die skool net om seker te maak jy sien nie iets verdag nie. Al is jy nie heeltemal seker of iemand besig is met misdadige aktiwiteite nie, bel ons,” sê Van Niekerk.

Peter Links, die hoof van die Hoërskool Scottsdene in Kraaifontein, sê in ’n poging om die skool se bates te beveilig spandeer die beheerliggaam duisende rande aan privaat sekerheid. “Ons het nie ’n ander keuse as om wagte 24 per dag aan diens te hê nie, want ons het ’n nuwe skool en die plan is om dit te bewaar. Dit is jammer dat skole in hierdie situasie kom, maar die realiteit is dat misdadigers toeslaan sodra die skole sluit. Hoe wens ons nie dit was anders nie sodat ons die geld vir ander doeleindes kon gebruik,” sê Links.

Debbie Schäfer, die Wes- Kaapse minister van onderwys (WKOD), het in November in ’n verklaring gesê ’n ooreenkoms is tussen die WKOD, departement van gemeenskapsveiligheid en die nasionale vervolgingsgesag aangegaan sodat slagofferverklarings in ag geneem moet word by sake van vandalisering. “In die eerste voorval waar die verklaring gebruik is, is twee mans wat by die Eros School in Bridgetown in Athlone ingebreek het, gevonnis tot drie jaar direkte gevangenisstraf,” lui die verklaring. Hulle het twee ketels en elektriese drade gesteel. “Vandalisme word nie altyd in ’n ernstige lig deur die howe beskou nie omdat hulle nie besef watter impak dit op skole het nie. Die slagofferverklaring word gebruik ter verswaring van die vonnis,” lui die verklaring verder.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.