Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Niemand nog vas ná Welgelegen-rooftog

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes wat by die onlangse rooftog in Welgelegen betrokke was.

Kapt. Kevin Williams, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek duur voort.

Op Donderdag 3 September is drie sekerheidswagte by ’n winkelsentrum in Malmesburyweg aangeval en raakgeskiet. ’n Kontantbedrag van sowat R48 960 is ook gebuit.

Een van die wagte is oorlede nadat hy blykbaar in die nek gewond is en die pantservoertuig waarin hy probeer wegkom het, teen ’n nabygeleë huis gebots het.

Die polisie sê hulle is nie seker oor die toestand van die ander twee wagte nie.

Altesaam ses verdagtes, almal onbekende mans, was by die aanval betrokke.

’n Saak van moord, twee sake van poging tot moord en sakeroof word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.