Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Niemand nog vas vir Philander-broer se moord moord
Tyrone Philander

Teen Maandag is niemand nog in verband met die skietdood van die broer van ’n voormalige Protea-speler in hegtenis geneem nie.

Tyrone Philander, die broer van Vernon Philander, is verlede Woensdag in ’n straat in hul buurt, Ravensmead, doodgeskiet.

Verskeie gerugte doen die ronde dat Tyrone onderweg was om met ’n trollie water te gaan haal toe hy geskiet is.

Sommige gerugte wil hê dat hy moontlik uit ’n motor geskiet is, terwyl ander mense weer beweer die verdagte was te voet.

Vernon het verlede week in ’n verklaring die moord bevestig en gepleit dat hy en sy gesin se privaatheid in hierdie moeilike tyd gerespekteer moet word.

“Die familie is dankbaar vir al die boodskappe van ondersteuning sedert die nuus bekend geword het. Ons familie moet nog die brutale moord verwerk. Die moord word nou deur die polisie ondersoek en ons vra dat die media die polisie die geleentheid gee om die saak deeglik te ondersoek. Tyrone is vir ewig in ons harte en mag sy siel in vrede rus,” lui die verklaring.

Tyrone is nie die enigste persoon wat die afgelope paar maande in Ravensmead vermoor is nie. TygerBurger het sedert Augustus reeds verslag gedoen oor agt moorde wat daar gepleeg is.

Adam Alexander, ’n plaaslike geestelike en gemeenskapsleier, sê dit is jammer dat ’n jongman se lewe so wreed weggeneem is, maar dit gebeur ongelukkig te veel.

“Ongelukkig sal die dood van ’n bekende se broer nie die vlaag moorde keer nie. Die probleem is dat politici die gemeenskap verdeel. Hulle wat leierskap moet toon, saai verdeeldheid en dit is hoekom daar nie samehorigheid is nie.

“Politieke partye doen net wat goed is vir hul lede en nie wat goed is vir die gemeenskap nie. Elke keer as iemand vermoor word, dan kom praat hulle, maar die situasie verander nie,” sê Alexander.

Hy hou vanaand ’n vergadering by sy huis met die oog daarop om ’n nuwe gemeenskapsorganisasie te stig wat daarop gaan fokus om misdaad in die gemeenskap te bekamp.

“Hierdie organisasie gaan apolities wees en net daarop fokus om probleme op te los. Geen gepraat nie, net konkrete planne,” sê Alexander.

Volgens kapt. Odwa Makupula, polisiewoordvoerder, is niemand nog in verband met die moord aangekeer nie.

“Ons vra dat die gemeenskap na vore moet kom met inligting wat ons met die ondersoek kan help,” sê Makupula. Inligting kan met die ondersoekbeampte, sers. Nyameko Mnqayi, by 079 894 1278 gedeel word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.