Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe komedie is skreeusnaaks

Thys en Trix is broer en suster, en ook ywerige, maar onbeholpe polisiemanne in ’n nuwe skreeusnaakse Afrikaanse komedie.

Thys is ’n bedagsame knoeier en Trix ’n ongeskikte, sexy rabbedoe. Hulle onderlangse getwis en die feit dat hulle van kleins af sukkel om saam as ’n span te werk, veroorsaak dat hulle geskors word nadat hulle die polisiediens een keer te veel in die verleentheid stel.

Speurder Solomons, ’n gesoute en passievolle geregsdienaar, ondersoek die bedrywighede van ’n dwelmsindikaat in ’n hoogs onwaarskynlike plek: ’n eksklusiewe gholflandgoed buite Mosselbaai.

Daar is egter een probleem: Solomons gaan sukkel om in te pas in die landgoed en vanweë hulle “vanilla-voorkoms” word Thys en Trix vir die eerste keer uitgesonder as die bekwaamste span om ’n ondersoek te lei, of eerder “te laat ly”. Solomons vergesel hulle, maar is glad nie ingenome met die feit dat hy die butler gaan wees nie.

Trix besef dit is haar laaste kans om haarself as ’n bekwame polisiebeampte te bewys. Thys weet dit is sy laaste kans om die moeilike verhouding met sy suster te red, maar die feit dat hulle moet voorgee hulle is ’n getroude paartjie om die ondersoek geloofwaardig te maak, bemoeilik die situasie, dikwels met onverwagse, verreikende en skreeusnaakse gevolge.

Die kragpaar, Chandré en haar katelknapie, André, gay-kunshandelaars Stephán en Gerhárd, hippie-swingers Ben en June en die lieflike jong weduwee Heidi, is Thys, Trix en Solomons se nuwe bure.

Hierdie groepie kleurvolle karakters van Pelican Close in Pinnacle Point is glad nie inwoners wat ’n mens op ’n luukse landgoed sal verwag nie. Die vraag is of enige van hulle moontlik betrokke is by die vervaardiging en verspreiding van MTHC, ’n verlammende hallusinasiemiddel?

Die rolverdeling sluit ook in Brendon Daniels, Zak Hendrikz, Dorette Potgieter, Charlie Bouguenon, Deon Coetzee, Ivan Zimmerman, Chanelle de Jager en Carine Rous. Die film word vervaardig onder leiding van Danie Bester van The Film Factory en die regie is behartig deur die bekroonde regisseur Quintin Krog van Vir die voëls en Ballade vir ’n enkeling.

Thys & Trix word landwyd op 22 Junie deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.