Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe winkels beplan

Die Shoprite-groep het verlede week aangekondig dat hulle die Fairbridge Mall in Brackenfell aangekoop het vir ’n onbekende bedrag.

“Daar word beplan om die winkelsentrum te herontwikkel en ook om die Checkers Hyper in die winkelsentrum op te knap,” het Angelique Wagner, woordvoerder van die groep, verlede week bevestig.

Die ou sentrum, wat al vir dekades ’n baken in Brackenfell is, maar die afgelope jare in ietwat van ’n spooksentrum ontaard het met talle winkelspasies wat leegstaan, benodig al jare lank opknappingswerk.

“Inkopiegangers kan ’n ultramoderne, nuwe inkopie-ervaring verwag,” sê Wagner. Die goeie nuus is dat die winkelsentrum oop sal bly vir sake tydens die herontwikkeling en bouwerk, wat sowat 18 maande sal duur.

“Die groep beoog ’n kleiner, meer moderne sentrum met nuwe winkels en bykomende kantoorspasie vir die groep se hoofkantoor.

“Geringe werk het op 3 Junie begin en sal ongeveer vier tot ses weke duur.

“Die pad en die ingang van voetgangers na die sentrum se parkeerterrein vanaf HO de Villiers- en Ou Paarlweg sal eerste geraak word, omdat die ingang gedeeltelik gesluit sal wees vanaf vandag (Woendag 12 Junie),” sê Wagner.

Padaanwysers is aangebring om verkeer te herlei.

Die Shoprite-groep het Maandag aangedui dat meer besonderhede oor hul planne vir die Fairbridge Mall met betrekking tot toegang en parkering mettertyd bekendgemaak sal word.

“Soos die vereiste goedkeurings van die munisipaliteit verkry word, sal die Shoprite-groep die publiek op hoogte hou van die opwindende projek.”

Vertel TygerBurger wat jy van hierdie berig dink by briewe@tygerburger.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak TygerBurger Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.